Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Kan ’n regter tereggewys word?

Kan ’n regter tereggewys word?

Kan ’n regter tereggewys word?

SLADJANA, een van Jehovah se Getuies in Kroasië, moes hof toe gaan in verband met finansiële sake. Sy het op tyd voor die regter verskyn. ’n Ander party in die saak was egter laat. Sladjana wou graag ’n getuienis gee; terwyl almal gewag het, het sy dus die moed bymekaargeskraap om met die regter te praat.

“U Edele, het u geweet dat daar binnekort geen regters en geen howe op aarde gaan wees nie?” het sy gevra. Sy het natuurlik verwys na regters soos ons hulle vandag ken.

Die regter het haar net verbaas aangekyk sonder om ’n woord te sê. Daarop het die verrigtinge begin. Toe Sladjana na afloop van die saak opstaan om ’n dokument te teken, het die regter vooroor geleun en haar fluisterend gevra: “Is jy seker van wat jy netnou vir my gesê het, dat daar binnekort geen regters en geen howe op aarde gaan wees nie?”

“Ja, U Edele. Ek is doodseker!” het Sladjana geantwoord.

“Watter bewyse het jy daarvoor?” het die regter gevra.

“Dit kan in die Bybel gevind word”, het Sladjana geantwoord.

Die regter het gesê dat hy graag hierdie bewyse sal wil lees, maar dat hy nie ’n Bybel het nie. Sladjana het dus aangebied om vir hom een te kry. Die Getuies het die regter besoek, vir hom ’n Bybel gegee en hom aangemoedig om ’n weeklikse Bybelstudie te hê. Die regter het die aanbod aanvaar en kort voor lank een van Jehovah se Getuies geword.

Psalm 2:10 sê profeties: “Nou, o konings, tree met insig op; laat julle teregwys, o regters van die aarde.” Hoe hartverblydend is dit tog wanneer sulke mense Jehovah se liefdevolle raad nederig aanneem!

[Prent op bladsy 32]

Sladjana en die regter