HOOFSTUK 5
Hoe om afgeskeie van die wêreld te bly
‘Julle is geen deel van die wêreld nie.’—JOHANNES 15:19.
1. Wat het Jesus gedurende sy laaste nag as ’n mens op die aarde beklemtoon?
GEDURENDE Jesus se laaste nag as ’n mens op die aarde het hy diepe besorgdheid uitgespreek oor die toekomstige welsyn van sy volgelinge. Hy het selfs oor die saak gebid en vir sy Vader gesê: “Ek versoek u nie om hulle uit die wêreld weg te neem nie, maar om oor hulle te waak weens die bose. Hulle is geen deel van die wêreld nie, net soos ek geen deel van die wêreld is nie” (Johannes 17:15, 16). Deur hierdie opregte versoek het Jesus getoon hoe lief hy sy volgelinge het, sowel as hoe belangrik die woorde is wat hy vroeër daardie nag vir party van hulle gesê het: ‘Julle is geen deel van die wêreld nie’ (Johannes 15:19). Dit was klaarblyklik vir Jesus uiters belangrik dat sy volgelinge afgeskeie van die wêreld moet bly!
2. Wat is “die wêreld” waarna Jesus verwys het?
2 “Die wêreld” waarvan Jesus gepraat het, verwys na die hele mensdom wat van God vervreemd is, oor wie Satan regeer en wat in slawerny is aan die selfsugtige, trotse gees wat van hom af uitgaan (Johannes 14:30; Efesiërs 2:2; 1 Johannes 5:19). Ja, ‘vriendskap met [daardie] wêreld is vyandskap met God’ (Jakobus 4:4). Maar hoe kan almal wat in God se liefde wil bly, in die wêreld wees en tog afgeskeie daarvan bly? Ons sal vyf maniere bespreek: deur lojaal te bly aan God se Koninkryk onder Christus en neutraal te bly wat die wêreld se politiek betref, deur die gees van die wêreld te weerstaan, deur beskeie te wees in ons kleredrag en persoonsversorging, deur ons oog eenvoudig te hou en deur ons geestelike wapenrusting aan te trek.
BLY LOJAAL EN NEUTRAAL
3. (a) Hoe het Jesus die politiek van sy dag beskou? (b) Waarom kan daar gesê word dat Jesus se gesalfde volgelinge as ambassadeurs dien? (Sluit voetnoot in.)
3 Jesus het nie aan die politiek van sy dag deelgeneem nie, maar het hom eerder daarop toegespits om te preek oor God se Koninkryk, die toekomstige hemelse regering waarvan hy die Koning sal wees (Daniël 7:13, 14; Lukas 4:43; 17:20, 21). Toe Jesus voor die Romeinse goewerneur Pontius Pilatus verskyn het, kon hy dus sê: “My koninkryk is geen deel van hierdie wêreld nie” (Johannes 18:36). Sy getroue volgelinge volg sy voorbeeld na deur lojaal te wees aan Christus en sy Koninkryk en deur daardie Koninkryk in die wêreld aan te kondig (Matteus 24:14). “Ons is dus ambassadeurs wat as plaasvervangers vir Christus optree”, het die apostel Paulus geskryf. “As plaasvervangers vir Christus smeek ons: ‘Raak met God versoen.’” *—2 Korintiërs 5:20.
4. Hoe het alle ware Christene lojaliteit aan God se Koninkryk geopenbaar? (Sien die venster “ Neutraliteit onder die vroeë Christene.”)
4 Omdat ambassadeurs ’n buitelandse heerser of staat verteenwoordig, meng hulle nie in met die binnelandse sake van die land waar hulle dien nie; hulle bly neutraal. Ambassadeurs bevorder egter die belange van die regering van die land wat hulle verteenwoordig. Dit is ook die geval met Christus se gesalfde volgelinge, wie se ‘burgerskap in die hemele bestaan’ (Filippense 3:20). Om die waarheid te sê, danksy hulle ywerige Koninkrykspredikingswerk het hulle al miljoene van Christus se “ander skape” gehelp om “met God versoen” te raak (Johannes 10:16; Matteus 25:31-40). Laasgenoemdes dien as ’t ware as Christus se gesante en ondersteun Jesus se gesalfde broers. As een verenigde kudde wat die Messiaanse Koninkryk voorstaan, handhaaf albei groepe streng neutraliteit ten opsigte van die wêreld se politieke aangeleenthede.—Jesaja 2:2-4.
5. Hoe is die Christengemeente anders as eertydse Israel, en waaraan kan hierdie verskil gesien word?
5 Lojaliteit aan Christus is nie die enigste rede waarom ware Christene neutraal is nie. In teenstelling met eertydse Israel, wat ’n godgegewe grondgebied gehad het, is ons deel van ’n internasionale broederskap (Matteus 28:19; 1 Petrus 2:9). As ons ons dus aan die kant van plaaslike politieke partye skaar, sal dit ons vrymoedigheid van spraak met betrekking tot die Koninkryksboodskap sowel as ons Christelike eenheid ernstig skade aandoen (1 Korintiërs 1:10). Daarbenewens sou ons in oorlogstyd veg teen medegelowiges, wat ons beveel word om lief te hê (Johannes 13:34, 35; 1 Johannes 3:10-12). Jesus het dus met goeie rede vir sy dissipels gesê om die swaard neer te lê. En hy het selfs vir hulle gesê om hulle vyande lief te hê.—Matteus 5:44; 26:52; sien die venster “ Bly ek neutraal?.”
6. Watter uitwerking het jou toewyding aan God op jou verhouding met die keiser?
6 As ware Christene het ons ons lewe aan God toegewy, nie aan enige mens, menslike instelling of nasie nie. In 1 Korintiërs 6:19, 20 lees ons: “Julle [behoort] nie aan julleself nie, want julle is met ’n prys gekoop.” Terwyl Jesus se volgelinge aan “die keiser” betaal wat hom toekom in die vorm van eer, belasting en relatiewe onderdanigheid, gee hulle dus “aan God wat aan God behoort” (Markus 12:17; Romeine 13:1-7). Dit sluit hulle aanbidding, hulle heelhartige liefde en hulle lojale gehoorsaamheid in. Indien nodig, is hulle bereid om hulle lewe vir God op te offer.—Lukas 4:8; 10:27; Handelinge 5:29; Romeine 14:8.
WEERSTAAN “DIE GEES VAN DIE WÊRELD”
7, 8. Wat is “die gees van die wêreld”, en hoe “werk” daardie gees in ’n mens?
7 Nog ’n manier waarop Christene afgeskeie van die 1 Korintiërs 2:12). Vir die Efesiërs het hy gesê: “Julle [het] vroeër volgens . . . hierdie wêreld gewandel . . . , volgens die heerser van die gesag van die lug, die gees wat nou in die seuns van die ongehoorsaamheid werk.”—Efesiërs 2:2, 3.
wêreld bly, is deur die bose gees daarvan te weerstaan. “Ons het nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die gees wat van God kom”, het Paulus geskryf (8 Die wêreld se “lug”, of gees, is ’n onsigbare dryfkrag wat mense aanhits tot ongehoorsaamheid aan God en wat “die begeerte van die vlees en die begeerte van die oë” voed (1 Johannes 2:16; 1 Timoteus 6:9, 10). Die “gesag” van hierdie gees lê in die aanloklikheid daarvan vir die sondige vlees, die subtiliteit daarvan, die voortdurende druk wat dit uitoefen en die feit dat dit alomteenwoordig is, soos lug. Daarbenewens “werk” dit in ’n mens deur goddelose eienskappe, soos selfsug, hoogmoed, hebsugtige ambisie en die gees van sedelike onafhanklikheid en opstandigheid, geleidelik in hom te laat groei. * Eenvoudig gestel, die gees van die wêreld laat die eienskappe van die Duiwel geleidelik in die hart van ’n mens ontwikkel.—Johannes 8:44; Handelinge 13:10; 1 Johannes 3:8, 10.
9. Op watter maniere kan die wêreld se gees in ons verstand en hart wortelskiet?
9 Kan die gees van die wêreld in jou verstand en hart wortelskiet? Ja, maar net as jy dit toelaat deur jou waaksaamheid te laat verslap (Spreuke 4:23). Daardie invloed begin dikwels subtiel, moontlik deur middel van vriende wat lyk of hulle goeie mense is, maar wat in werklikheid geen liefde vir Jehovah het nie (Spreuke 13:20; 1 Korintiërs 15:33). Jy kan ook daardie bose gees absorbeer deur middel van afkeurenswaardige leesstof, pornografiese webwerwe of webwerwe van afvalliges, onheilsame vermaak en uiters mededingende sport—eintlik deur middel van enigiemand of enigiets wat die denke van Satan of sy stelsel bevorder.
10. Hoe kan ons die gees van die wêreld weerstaan?
10 Hoe kan ons die verraderlike gees van die wêreld weerstaan en ons in God se liefde hou? Alleenlik deur ten volle gebruik te maak van Jehovah se geestelike voorsienings en deur voortdurend vir sy heilige gees te bid. Jehovah is baie groter as die Duiwel of die goddelose wêreld onder Satan se 1 Johannes 4:4). Hoe belangrik is dit dan tog dat ons na aan Jehovah bly in gebed!
beheer (WEES BESKEIE IN JOU KLEREDRAG EN PERSOONSVERSORGING
11. Watter invloed het die wêreld se gees op standaarde van kleredrag gehad?
11 ’n Uiterlike aanduiding van die gees wat ’n mens aandryf, is sy kleredrag, persoonsversorging en higiëne. In baie lande het die standaard van kleredrag so laag gedaal dat een televisiekommentator gesê het dat daar binnekort niks meer sal wees waaraan ’n mens prostitute sal kan uitken nie. Selfs meisies wat nog nie eers in hulle tienerjare is nie, word deur hierdie tendens meegevoer—“hulle wys baie lyf en toon min beskeidenheid”, het een koerantberig gesê. ’n Ander neiging is om slordig aan te trek, wat ’n opstandige gees sowel as ’n gebrek aan waardigheid en selfrespek weerspieël.
12, 13. Watter beginsels moet ons rig in ons keuse van kleredrag en persoonsversorging?
12 As knegte van Jehovah wil ons tereg op ons beste lyk, wat beteken dat ons netjiese, skoon, smaakvolle klere sal dra wat gepas is vir die geleentheid. Ons voorkoms moet te alle tye getuig van “beskeidenheid en gesonde verstand”, wat tesame met “goeie werke” gepas is vir almal—mans of vroue—“wat bely dat hulle God vereer”. Ons vernaamste oogmerk is natuurlik nie om aandag op onsself te vestig nie, maar om ons “in God se liefde [te] hou” (1 Timoteus 2:9, 10; Judas 21). Ja, ons wil hê dat ons pragtigste versiering “die geheime persoon van die hart” moet wees, “wat in die oë van God van groot waarde is”.—1 Petrus 3:3, 4.
13 Hou ook in gedagte dat ons kleredrag en persoonsversorging ’n uitwerking kan hê op ander se beskouing van ware aanbidding. Wanneer die Griekse woord wat as “beskeidenheid” vertaal word, in ’n sedelike sin gebruik 1 Korintiërs 4:9; 10:31; 2 Korintiërs 6:3, 4; 7:1.
word, dra dit die gedagte oor van eerbied, ontsag en respek vir die gevoelens of menings van ander. Ons doel behoort dus te wees om ons eie vermeende regte as minder belangrik as die gewete van ander te beskou. Bowenal wil ons Jehovah en sy volk tot eer strek, asook onsself as God se bedienaars aanbeveel en “alles tot heerlikheid van God” doen.—14. Watter vrae moet ons ons afvra met betrekking tot ons voorkoms en higiëne?
14 Ons kleredrag, persoonsversorging en reinheid is selfs belangriker wanneer ons aan die veldbediening deelneem of ’n Christelike vergadering bywoon. Vra jou af: ‘Vestig my voorkoms en persoonlike higiëne onnodige aandag op my? Stel dit ander in die verleentheid? Beskou ek my regte op hierdie gebiede as belangriker as om vir diensvoorregte in die gemeente te kwalifiseer?’—Psalm 68:6; Filippense 4:5; 1 Petrus 5:6.
15. Waarom sit God se Woord nie ’n lys reëls uiteen oor kleredrag, persoonsversorging en higiëne nie?
15 Die Bybel sit nie vir Christene ’n lys reëls uiteen oor kleredrag, persoonsversorging en higiëne nie. Jehovah het geen begeerte om ons die reg te ontneem om ons keusevryheid of ons denkvermoëns te gebruik nie. Hy wil eerder hê dat ons geestelike ryp mense moet word wat oor Bybelbeginsels redeneer en wie se “waarnemingsvermoëns deur Hebreërs 5:14). Bowenal wil hy hê dat ons gerig moet word deur liefde—liefde vir God en ons naaste (Markus 12:30, 31). Binne daardie grense is daar die potensiaal vir groot variasie in kleredrag en persoonsversorging. Bewys hiervan kan gesien word in die kleurryke, vreugdevolle skares van Jehovah se volk ongeag waar op die aarde hulle bymekaarkom.
gebruik geoefen is om te onderskei wat reg sowel as verkeerd is” (HOU JOU OOG “EENVOUDIG”
16. Hoe is die gees van die wêreld in stryd met Jesus se leringe, en watter vrae moet ons ons afvra?
16 Die gees van die wêreld is bedrieglik en laat miljoene mense dink dat geld en materiële dinge hulle gelukkig sal maak. Maar Jesus het gesê: “Selfs wanneer iemand oorvloed het, spruit sy lewe nie voort uit die dinge wat hy besit nie” Lukas 12:15). Hoewel Jesus nie asketisme, of streng selfonthouding, voorgestaan het nie, het hy mense geleer dat hulle lewe en ware geluk sal geniet as hulle “bewus is van hulle geestelike behoefte” en hulle hulle oog “eenvoudig” hou, dit wil sê opreg en skerp ingestel op geestelike sake (Matteus 5:3; 6:22, 23). Vra jou af: ‘Glo ek werklik wat Jesus geleer het, of word ek deur “die vader van die leuen” beïnvloed? (Johannes 8:44). Wat openbaar my woorde, my doelwitte, my prioriteite en my lewenswyse?’—Lukas 6:45; 21:34-36; 2 Johannes 6.
(17. Noem ’n paar voordele wat diegene geniet wat hulle oog eenvoudig hou.
17 “Die wysheid word deur sy werke geregverdig”, het Jesus gesê (Matteus 11:19). Dink aan net ’n paar van die voordele wat geniet word deur diegene wat hulle oog eenvoudig hou. Hulle vind ware verkwikking in Koninkryksdiens (Matteus 11:29, 30). Hulle vermy onnodige bekommernisse en spaar hulleself dus baie geestelike en emosionele pyn (1 Timoteus 6:9, 10). Hulle is tevrede met lewensbenodigdhede en het dus meer tyd vir hulle gesin en Christenmetgeselle. Hulle slaap moontlik beter as gevolg daarvan (Prediker 5:12). Hulle ondervind die groter vreugde wat dit verskaf wanneer ’n mens gee, en hulle gee op watter manier hulle ook al kan (Handelinge 20:35). Hulle is ook “oorvloedig . . . in hoop” en het gemoedsrus en tevredenheid (Romeine 15:13; Matteus 6:31, 32). Hierdie seëninge is inderdaad van onskatbare waarde!
NEEM “DIE VOLLE WAPENRUSTING” OP
18. Hoe beskryf die Bybel ons vyand, sy metodes en die aard van ons stryd?
18 Diegene wat hulle in God se liefde hou, geniet ook geestelike beskerming teen Satan, wat Christene nie net van geluk wil beroof nie, maar ook van die ewige lewe (1 Petrus 5:8). “Ons het ’n worstelstryd”, het Paulus gesê, “nie teen bloed en vlees nie, maar teen die regerings, teen die owerhede, teen die wêreldheersers van hierdie duisternis, teen die bose geesmagte in die hemelse plekke” (Efesiërs 6:12). Die woord “worstelstryd” gee te kenne dat ons stryd nie oor ’n afstand—as ’t ware vanuit die veiligheid van ’n versteekte bunker—gevoer word nie, maar man teen man. Daarbenewens toon die terme “regerings”, “owerhede” en “wêreldheersers” dat aanvalle vanuit die geesteryk hoogs georganiseerd en doelgerig is.
19. Beskryf die Christen se geestelike wapenrusting.
19 Maar ten spyte van menslike swakhede en beperkings kan ons oorwin. Hoe? Deur “die volle wapenrusting van God” op te neem (Efesiërs 6:13). Efesiërs 6:14-18 beskryf daardie wapenrusting en sê: “Staan dus vas, julle lendene omgord met waarheid, en met die borsplaat van regverdigheid aan, en julle voete geskoei met die toerusting van die goeie nuus van vrede. Neem bowenal die groot skild van geloof op, waarmee julle al die brandende pyle van die bose sal kan blus. En neem die helm [of, hoop] van redding aan, en die swaard van die gees, dit is God se woord, terwyl julle met elke vorm van gebed en smeking aanhou om by elke geleentheid in gees te bid.”
20. Hoe is ons situasie anders as dié van ’n letterlike soldaat?
20 Aangesien dit ’n voorsiening van God is, sal daardie geestelike wapenrusting ons nie in die steek laat nie, mits ons dit te alle tye dra. In teenstelling met letterlike soldate, wat moontlik vir lang tye nie by oorlogvoering betrokke is nie, voer Christene ’n onophoudelike stryd om lewe en dood wat nie sal ophou totdat God Satan se wêreld vernietig het en alle goddelose geeste in die afgrond gewerp het nie (Openbaring 12:17; 20:1-3). Moet dus nie opgee as jy teen swakhede of verkeerde begeertes stry nie, want almal van ons moet ons “kasty” sodat ons aan Jehovah getrou kan bly (1 Korintiërs 9:27). Ja, ons behoort bekommerd te wees wanneer ons nie ’n worstelstryd voer nie!
21. Slegs hoe kan ons oorwin in ons geestelike oorlogvoering?
Filemon 2; Hebreërs 10:24, 25). Diegene wat getrou bly op al hierdie gebiede, sal nie net oorwin nie, maar sal ook hulle geloof kan verdedig wanneer dit aangeval word.
21 Wat meer is, ons kan nie hierdie stryd in ons eie krag wen nie. Daarom herinner Paulus ons daaraan hoe belangrik dit is om “by elke geleentheid in gees” tot Jehovah te bid. Terselfdertyd moet ons na Jehovah luister deur sy Woord te bestudeer en by elke moontlike geleentheid met mede-“soldate” te assosieer, want ons is nie alleen in hierdie stryd nie! (WEES GEREED OM JOU GELOOF TE VERDEDIG
22, 23. (a) Waarom moet ons te alle tye gereed wees om ons geloof te verdedig, en watter vrae moet ons ons afvra? (b) Wat sal in die volgende hoofstuk bespreek word?
22 “Omdat julle geen deel van die wêreld is nie”, het Jesus gesê, “haat die wêreld julle” (Johannes 15:19). Christene moet dus altyd gereed wees om hulle geloof te verdedig en moet dit op ’n respekvolle, sagmoedige manier doen (1 Petrus 3:15). Vra jou af: ‘Verstaan ek waarom Jehovah se Getuies soms ’n standpunt inneem wat in stryd is met die algemene opvatting? Wanneer ek so ’n standpunt moet inneem, is ek heeltemal oortuig dat wat die Bybel en ‘die getroue slaaf’-klas sê, reg is? (Matteus 24:45; Johannes 17:17). En wanneer ek moet doen wat reg is in Jehovah se oë, is ek nie net bereid om anders te wees nie, maar ook trots om anders te wees?’—Psalm 34:2; Matteus 10:32, 33.
23 Ons begeerte om afgeskeie van die wêreld te bly, word egter dikwels op subtieler maniere op die proef gestel. Byvoorbeeld, soos ons vroeër genoem het, probeer die Duiwel Jehovah se knegte in die wêreld inlok deur middel van wêreldse vermaak. Hoe kan ons heilsame vermaak kies wat ons sal verkwik en met ’n rein gewete sal laat? Dit sal in die volgende hoofstuk bespreek word.
^ par. 3 Sedert Pinkster 33 G.J. heers Christus as Koning oor sy gemeente van gesalfde volgelinge op die aarde (Kolossense 1:13). In 1914 het Christus koninklike gesag oor “die koninkryk van die wêreld” ontvang. Gevolglik dien gesalfde Christene nou ook as ambassadeurs van die Messiaanse Koninkryk.—Openbaring 11:15.
^ par. 8 Sien Redenering uit die Skrif, bladsye 148-52, uitgegee deur Jehovah se Getuies.
^ par. 65 Sien die onderwerp in die Aanhangsel, “Vlagsaluering, stemmery en burgerlike diens.”