MAAK DISSIPELS
LES 11
Eenvoud
Beginsel: “Gebruik [woorde] wat maklik verstaan kan word.” – 1 Kor. 14:9.
Wat Jesus gedoen het
1. Kyk na die VIDEO, of lees Matteus 6:25-27. Beantwoord dan die volgende vrae:
Wat leer ons by Jesus?
2. Wanneer ons ander op ’n eenvoudige manier leer, sal hulle onthou wat ons hulle geleer het en sal ons hulle harte raak.
Volg Jesus na
3. Moenie te veel praat nie. Moenie vir die persoon alles vertel wat jy oor ’n onderwerp weet nie, fokus eerder op die inligting in die studiepublikasie. Nadat jy vir jou student vrae gevra het, wag geduldig vir sy antwoord. As hy nie die antwoord ken nie of iets sê wat nie met Bybelleringe ooreenstem nie, gebruik bykomende vrae om hom te help om oor die saak te redeneer. Beweeg aan sodra jou student die hoofgedagte verstaan.
4. Help jou student om nuwe leringe te verbind met wat hy alreeds weet. Byvoorbeeld, voordat jy ’n les begin oor die opstanding, kan jy kortliks hersien wat die student alreeds oor die toestand van die dooies geleer het.
5. Gebruik illustrasies versigtig. Voordat jy ’n illustrasie gebruik, vra jouself: