Die eerste boek van Samuel 14:1-52

  • Jonatan se oorwinning by Migmas (1-14)

  • God verslaan Israel se vyande (15-23)

  • Saul se oorhaastige eed (24-46)

    • Manne eet vleis met bloed en al (32-34)

  • Saul se oorloë; sy familie (47-52)

14  Op ’n dag het Joʹnatan,+ die seun van Saul, vir die dienaar wat sy wapens dra, gesê: “Kom ons gaan oor na die Filistynse voorpos daar oorkant.” Maar hy het nie vir sy pa daarvan gesê nie.  Saul het aan die buitewyke van Giʹbea+ gebly onder die granaatboom in Migron, en daar was ongeveer 600 manne by hom.+  (Ahiʹa, die seun van Ahiʹtub,+ die broer van Iʹkabod,+ die seun van Piʹnehas,+ die seun van Eli,+ die priester van Jehovah in Silo,+ het die efod+ gedra.) En die manne het nie geweet dat Joʹnatan nie daar is nie.  Daar was ’n tandvormige rots aan elke kant van die deurgang van die kloof wat Joʹnatan wou oorsteek om by die voorpos van die Filistyne uit te kom. Die naam van die een was Boses en die naam van die ander was Sene.  Die een rots was ’n pilaar in die noorde oorkant Migmas, en die ander was in die suide oorkant Geba.+  Toe het Joʹnatan vir sy wapendraer gesê: “Kom ons gaan oor na die voorpos van hierdie onbesnede manne.+ Miskien sal Jehovah vir ons optree, want Jehovah kan deur baie of deur min red, en niks kan hom keer nie.”+  Toe het sy wapendraer vir hom gesê: “Doen wat jou hart jou ook al beweeg om te doen. Waar jy gaan, sal ek gaan.”  Toe het Joʹnatan gesê: “Kom ons gaan oor na daardie manne toe sodat hulle ons kan sien.  As hulle vir ons sê: ‘Staan stil totdat ons na julle toe kom!’ dan sal ons staan waar ons is en nie na hulle toe gaan nie. 10  Maar as hulle sê: ‘Kom op na ons toe!’ dan sal ons opgaan, want dit sal die teken wees dat Jehovah hulle in ons hand sal gee.”+ 11  Toe het hulle twee seker gemaak dat die voorpos van die Filistyne hulle sien. Die Filistyne het gesê: “Kyk! Hier kom die Hebreërs uit die gate waar hulle weggekruip het.”+ 12  Toe het die manne van die voorpos vir Joʹnatan en sy wapendraer gesê: “Kom op na ons toe, en ons sal julle ’n les leer!”+ Joʹnatan het dadelik vir sy wapendraer gesê: “Volg my, want Jehovah sal hulle in die hand van Israel gee.”+ 13  En Joʹnatan het hande-viervoet opgeklim, en sy wapendraer was agter hom. Joʹnatan het die Filistyne aangeval, en sy wapendraer het hulle agter hom doodgemaak. 14  In hierdie eerste aanval het Joʹnatan en sy wapendraer binne ’n kort afstand* ongeveer 20 manne doodgemaak. 15  Toe het almal in die kamp en die hele voorpos paniekbevange geraak, en selfs die groepe soldate wat gewoonlik op strooptogte gegaan het,+ het baie bang geword. Die aarde het begin skud, en God het hulle paniekbevange gemaak. 16  Saul se wagte in Giʹbea+ van Benjamin het gesien dat die verwarring in alle rigtings versprei.+ 17  Saul het vir die manne by hom gesê: “Tel asseblief, en kyk wie ons verlaat het.” Toe hulle tel, het hulle gesien dat Joʹnatan en sy wapendraer nie daar is nie. 18  Saul het toe vir Ahiʹa+ gesê: “Bring die Ark van die ware God hier!” (Want die Ark van die ware God was op daardie stadium by die Israeliete.) 19  En terwyl Saul met die priester Ahiʹa gepraat het, het die verwarring in die kamp van die Filistyne al hoe groter geword. Toe het Saul vir die priester gesê: “Hou op waarmee jy besig is.”* 20  Saul en al die manne by hom het bymekaargekom en gaan veg. Toe hulle by die geveg kom, het hulle gesien dat die Filistyne mekaar met die swaard aangeval het. Daar was baie groot verwarring. 21  En die Hebreërs wat voorheen by die Filistyne aangesluit het en saam met hulle in die kamp ingegaan het, het oorgegaan na die Israeliete wat onder die bevel van Saul en Joʹnatan was. 22  Al die manne van Israel wat in die bergstreek van Eʹfraim weggekruip het,+ het gehoor dat die Filistyne gevlug het, en hulle het ook by die geveg aangesluit en hulle agternagesit. 23  So het Jehovah Israel op daardie dag gered,+ en die geveg het voortgeduur tot by Bet-Awen.+ 24  Maar die manne van Israel was op daardie dag uitgeput, want Saul het die manne onder die volgende eed geplaas: “Vervloek is die man wat enige kos* eet voordat dit aand word en voordat ek op my vyande wraak neem!” Daarom het nie een van die manne enige kos geëet nie.+ 25  En al die manne het in die woud ingegaan, waar daar heuning was. 26  Toe die manne in die woud kom, het hulle gesien hoe die heuning drup, maar niemand het daarvan geëet nie, want hulle was bang vir die eed. 27  Maar Joʹnatan het nie gehoor toe sy pa die manne onder die eed geplaas het nie,+ en daarom het hy die punt van die staf wat in sy hand was, in die heuningkoek gesteek. Toe hy daarvan eet, het sy oë opgehelder. 28  Maar een van die manne het gesê: “Jou pa het die manne onder ’n streng eed geplaas en gesê: ‘Vervloek is die man wat vandag kos eet!’+ Dit is hoekom die manne so moeg is.” 29  Maar Joʹnatan het gesê: “My pa het groot moeilikheid* oor die land gebring. Kyk hoe my oë opgehelder het omdat ek hierdie klein bietjie heuning geproe het. 30  Hoeveel beter sou dit gewees het as die manne vandag vryelik geëet het+ van wat hulle van hulle vyande geneem het! Want dan sou ons selfs ’n groter oorwinning oor die Filistyne kon behaal het.” 31  Op daardie dag het hulle die Filistyne van Migmas tot by Aʹjalon+ bly verslaan, en die manne het baie moeg geword. 32  Die manne het gulsig op die vyande se besittings toegesak, en hulle het skape en beeste en kalwers geneem en dit op die grond geslag, en hulle het die vleis met bloed en al geëet.+ 33  Toe het Saul die volgende berig gekry: “Kyk! Die manne sondig teen Jehovah deur vleis saam met die bloed te eet.”+ Hy het gesê: “Julle was ontrou. Rol nou dadelik ’n groot klip na my toe.” 34  Saul het toe gesê: “Gaan tussen die manne deur en sê vir hulle: ‘Elkeen van julle moet sy bul en sy skaap bring en dit hier slag en dan eet. Moenie teen Jehovah sondig deur vleis saam met die bloed te eet nie.’”+ Op daardie nag het elkeen van hulle dus sy bul gebring en dit daar geslag. 35  En Saul het ’n altaar vir Jehovah gebou.+ Dit was die eerste altaar wat hy vir Jehovah gebou het. 36  Later het Saul gesê: “Kom ons gaan in die nag agter die Filistyne aan en laat ons hulle tot die oggend toe stroop. Ons sal nie een van hulle laat lewe nie.” Toe het hulle gesê: “Doen wat u ook al dink goed is.” Toe het die priester gesê: “Laat ons eers die ware God hier raadpleeg.”+ 37  Saul het God gevra: “Moet ek die Filistyne agternasit?+ Sal u hulle in Israel se hand gee?” Maar God het hom nie op daardie dag geantwoord nie. 38  Toe het Saul gesê: “Julle almal, al die hoofmanne van die volk, kom hier, en gaan vind uit watter sonde vandag gepleeg is. 39  Want so waar as wat Jehovah lewe, wat Israel gered het, al is dit my seun Joʹnatan, hy moet sterf.” Maar nie een van die manne het hom geantwoord nie. 40  Hy het toe vir die hele Israel gesê: “Julle moet aan die een kant staan, en ek en my seun Joʹnatan sal aan die ander kant staan.” Toe het die manne vir Saul gesê: “Doen wat u ook al dink goed is.” 41  Saul het toe vir Jehovah gesê: “O God van Israel, antwoord tog met die Tummim!”+ Toe is Joʹnatan en Saul gekies, en die res van die manne is onskuldig bevind. 42  Saul het toe gesê: “Werp die lot+ tussen my en my seun Joʹnatan.” En Joʹnatan is gekies. 43  Toe het Saul vir Joʹnatan gesê: “Sê vir my: Wat het jy gedoen?” Joʹnatan het vir hom gesê: “Ek het maar net ’n bietjie heuning geproe wat aan die punt van my staf was.+ Hier is ek! Ek is gereed om te sterf!” 44  Toe het Saul gesê: “Mag God my swaar straf* as jy nie sterf nie, Joʹnatan.”+ 45  Maar die manne het vir Saul gesê: “Moet Joʹnatan sterf, wat Israel hierdie groot oorwinning* gegee het?+ Dit mag nie gebeur nie! So waar as wat Jehovah lewe, nie eers ’n enkele haar van sy kop sal op die grond val nie, want hy het vandag saam met God gewerk.”+ Die manne het Joʹnatan dus gered,* en hy het nie gesterf nie. 46  Saul het toe opgehou om die Filistyne agterna te sit, en die Filistyne het na hulle eie gebied gegaan. 47  Saul het homself as koning oor Israel gevestig en het teen al sy vyande reg rondom hom geveg, naamlik die Moabiete,+ die Ammoniete,+ die Edomiete,+ die konings van Soba+ en die Filistyne.+ Oral waar hy gegaan het, het hy hulle verslaan. 48  Hy was ’n dapper vegter. Hy het die Amalekiete+ oorwin en Israel uit die hand van hulle vyande* gered. 49  Die seuns van Saul was Joʹnatan, Jiswi en Malkisua.+ Hy het ook twee dogters gehad: die naam van die oudste was Merab,+ en die naam van die jongste was Migal.+ 50  Die naam van Saul se vrou was Ahiʹnoam, die dogter van Ahiʹmaäs. Die naam van die hoof van sy leërmag was Abner,+ die seun van Ner, die oom van Saul. 51  Kis+ was Saul se pa. Ner,+ Abner se pa, was die seun van Abiʹël. 52  Die hele tyd dat Saul regeer het, was daar hewige gevegte teen die Filistyne.+ Wanneer Saul ’n sterk of dapper man gesien het, het hy hom in sy diens geneem.+

Voetnote

Of “op die helfte van ’n stuk grond wat ’n span bulle in ’n dag kan ploeg”.
Lett. “Trek jou hand terug”.
Lett. “brood”.
Of “verwerping”.
Lett. “so aan my doen en daarby voeg”.
Lett. “losgekoop”.
Of “redding”.
Of “plunderaars”.