Esegiël 15:1-8

  • Jerusalem, ’n waardelose wingerdstok (1-8)

15  Jehovah het weer met my gepraat en gesê:  “Mensekind, wat is die verskil tussen die hout van ’n wingerdstok en die hout van enige ander boom of tak van die bome van die woud?  Kan jy ’n paal daarvan maak om mee te werk? Of maak mense ’n pen daarmee sodat hulle iets daaraan kan ophang?  Kyk! Dit word in die vuur gegooi as brandhout. Die vuur verteer albei ente en verskroei die middelste deel. Kan dit dan vir enigiets gebruik word?  Selfs toe dit nog heel was, kon dit vir niks gebruik word nie. Hoeveel minder kan dit gebruik word wanneer die vuur dit verbrand en verskroei het!”  “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Net soos ek die hout van ’n wingerdstok onder die bome van die woud as brandhout vir die vuur gegee het, so sal ek met die inwoners van Jerusalem maak.+  Ek het teen hulle gedraai. Hulle het uit die vuur ontsnap, maar die vuur sal hulle verteer. En julle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek teen hulle draai.’”+  “‘Ek sal die land ’n verlate plek maak+ omdat hulle ontrou was,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”

Voetnote