Esegiël 39:1-29

  • Vernietiging van Gog en sy soldate (1-10)

  • Begrawe in Vallei van Hamon-Gog (11-20)

  • Herstel van Israel (21-29)

    • God se gees op Israel uitgestort (29)

39  “En jy, mensekind, profeteer teen Gog+ en sê vir hom: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek is teen jou, Gog, belangrikste hoofman* van Meseg en Tubal.+  Ek sal jou laat omdraai en jou lei en jou uit die mees afgeleë dele van die noorde+ laat kom en jou na die berge van Israel bring.  Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val.  Jy sal op die berge van Israel val,+ jy en al jou soldate en die volke wat saam met jou sal wees. Ek sal jou as voedsel gee aan allerhande soorte roofvoëls en die wilde diere van die veld.”’+  “‘Jy sal op die oop veld val,+ want ek het dit gesê,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.  “‘En ek sal vuur stuur teen Magog en teen dié wat in veiligheid op die eilande woon,+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.  Ek sal my heilige naam onder my volk Israel bekend maak, en ek sal nie meer toelaat dat my heilige naam ontheilig word nie, en die nasies sal moet weet dat ek Jehovah is,+ die Heilige in Israel.’+  “‘Ja, dit kom en dit sal gebeur,’ sê die Soewereine Heer Jehovah. ‘Dit is die dag waarvan ek gepraat het.  Die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak met die wapens – die klein skilde* en groot skilde, die boë en die pyle, die oorlogsknuppels* en die spiese. Hulle sal sewe jaar lank daarmee vuur maak.+ 10  Hulle sal nie hout uit die veld hoef te dra of vuurmaakhout uit die woude hoef bymekaar te maak nie, want hulle sal met die wapens vuur maak.’ “‘Hulle sal die besittings vat van dié wat hulle besittings afgevat het en dié wat hulle beroof het,’ sê die Soewereine Heer Jehovah. 11  “‘Op daardie dag sal ek vir Gog+ ’n graf daar in Israel gee, in die vallei van dié wat oos van die see reis, en dié wat daardeur wil reis, sal nie meer daar kan verbygaan nie. Dit is waar hulle Gog en al sy skares sal begrawe, en hulle sal dit die Vallei van Hamon-Gog* noem.+ 12  Dit sal die huis van Israel sewe maande neem om hulle te begrawe, sodat hulle die land kan skoonmaak.+ 13  Die hele volk van die land sal moet help om hulle te begrawe, en dit sal vir hulle eer bring op die dag dat ek my verheerlik,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah. 14  “‘Manne sal aangestel word om heeltyd deur die land te gaan en die lyke te begrawe wat op die oppervlak van die aarde oorgebly het, sodat die land skoongemaak kan word. Hulle sal sewe maande lank bly soek. 15  Wanneer dié wat daar deurtrek, ’n mensebeen sien, moet hulle ’n teken langs dit oprig. Dan sal dié wat aangestel is om die lyke te begrawe, dit in die Vallei van Hamon-Gog begrawe.+ 16  Daar sal ook ’n stad met die naam Hamoʹna* wees. En hulle sal die land skoonmaak.’+ 17  “Mensekind, dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Sê vir elke soort voël en vir al die wilde diere van die veld: “Kom bymekaar en kom. Kom bymekaar rondom my offerande wat ek vir julle voorberei, ’n groot offerande op die berge van Israel.+ Julle sal vleis eet en bloed drink.+ 18  Julle sal die vleis van sterkes eet en die bloed van die hoofmanne van die aarde drink – die ramme, lammers, bokke en bulle – al die vetgemaakte diere van Basan. 19  Julle sal julle ooreet aan vet en julle sal bloed drink totdat julle dronk is van die offerande wat ek vir julle voorberei.”’ 20  “‘Aan my tafel sal julle vol raak van perde en strydwadrywers, sterkes en alle soorte vegters,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah. 21  “‘Ek sal my heerlikheid onder die nasies openbaar, en al die nasies sal sien hoe ek geoordeel en gestraf het sowel as die krag* wat ek onder hulle getoon het.+ 22  Van daardie dag af sal die huis van Israel moet weet dat ek Jehovah hulle God is. 23  En die nasies sal moet weet dat die huis van Israel weens hulle sonde in ballingskap gegaan het omdat hulle ontrou was aan my.+ Daarom het ek my gesig van hulle af weggedraai+ en hulle in die hand van hulle vyande gegee,+ en hulle almal is met die swaard doodgemaak. 24  Ek het volgens hulle onreinheid en hulle sondes teen hulle opgetree, en ek het my gesig van hulle af weggedraai.’ 25  “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Ek sal die gevangenes van Jakob terugbring+ en genade betoon aan die hele huis van Israel,+ en ek sal my heilige naam ywerig verdedig.*+ 26  Nadat hulle verneder is as gevolg van al hulle ontrouheid teenoor my,+ sal hulle in veiligheid in hulle land woon, en daar sal niemand wees wat hulle bang maak nie.+ 27  Wanneer ek hulle uit die volke terugbring en hulle uit die lande van hulle vyande bymekaarmaak,+ sal ek my ook voor die oë van baie nasies onder hulle heilig.’+ 28  “‘Hulle sal moet weet dat ek Jehovah hulle God is wanneer ek hulle in ballingskap na die nasies stuur en hulle dan terugbring na hulle land en nie een van hulle agterlaat nie.+ 29  Ek sal nie meer my gesig van hulle af wegdraai nie,+ want ek sal my gees op die huis van Israel uitstort,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.”

Voetnote

Of “leier”.
Klein skilde is gewoonlik deur boogskutters gedra.
Of moontlik “handstokke”, ’n wapen met ’n skerp punt.
Of “Vallei van Gog se Skares”.
Beteken “skares”.
Lett. “hand”.
Lett. “uitsluitlike toegewydheid vir my heilige naam toon”.