Genesis 22:1-24

  • Abraham gevra om Isak te offer (1-19)

    • Seën as gevolg van Abraham se nageslag (15-18)

  • Rebekka se familie (20-24)

22  Daarna het die ware God Abraham getoets.+ Hy het vir hom gesê: “Abraham!” En hy het geantwoord: “Hier is ek!”  Toe het hy gesê: “Neem asseblief jou seun Isak,+ jou enigste seun wat jy só liefhet,+ en reis na die land Moriʹa+ en offer hom daar as ’n brandoffer op een van die berge wat ek jou sal wys.”  Toe het Abraham vroeg die oggend opgestaan en sy donkie opgesaal en twee van sy knegte en sy seun Isak saam met hom geneem. Hy het die hout vir die brandoffer gekap, en toe het hy opgestaan en gereis na die plek wat die ware God vir hom aangedui het.  Op die derde dag het Abraham opgekyk en die plek in die verte gesien.  Abraham het toe vir sy knegte gesê: “Bly julle hier met die donkie. Ek en die seun sal soontoe gaan en aanbid en dan na julle toe terugkeer.”  Abraham het toe die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit. Toe het hy die vuur* en die mes* geneem, en hulle twee het saam verder geloop.  Toe het Isak vir sy pa, Abraham, gesê: “Pa?” Hy het geantwoord: “Ja, my seun?” Toe het hy gesê: “Hier is die vuur* en die hout, maar waar is die skaap vir die brandoffer?”  Abraham het gesê: “God sal self die skaap vir die brandoffer+ voorsien, my seun.” En hulle twee het saam verder geloop.  Uiteindelik het hulle die plek bereik wat die ware God vir hom aangedui het, en Abraham het daar ’n altaar gebou en die hout daarop gesit. Hy het sy seun Isak se hande en voete vasgebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.+ 10  Toe het Abraham sy hand uitgesteek en die mes* geneem om sy seun dood te maak.+ 11  Maar Jehovah se engel het vanuit die hemel na hom geroep en gesê: “Abraham, Abraham!” En hy het geantwoord: “Hier is ek!” 12  Toe het hy gesê: “Moenie die seun seermaak nie en moet niks aan hom doen nie, want nou weet ek dat jy God vrees omdat jy jou seun, jou enigste seun, nie van my teruggehou het nie.”+ 13  Toe het Abraham opgekyk, en net ’n entjie voor hom was daar ’n skaapram wat met sy horings in ’n bos vasgesit het. Toe het Abraham gegaan en die ram geneem en dit as ’n brandoffer in die plek van sy seun geoffer. 14  En Abraham het daardie plek Jehovah-Jireh* genoem. Daarom word daar vandag nog gesê: “Op die berg van Jehovah sal daar voorsien word.”+ 15  En Jehovah se engel het ’n tweede keer vanuit die hemel na Abraham geroep 16  en gesê: “‘Ek sweer by myself,’ sê Jehovah,+ ‘omdat jy hierdie ding gedoen het en jou seun, jou enigste seun, nie teruggehou het nie,+ 17  sal ek jou beslis seën en jou nageslag* beslis vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sandkorrels op die strand.+ En jou nageslag* sal die stede* van sy vyande in besit neem.+ 18  En deur middel van jou nageslag*+ sal al die nasies van die aarde ’n seën vir hulleself verkry omdat jy na my stem geluister het.’”+ 19  Daarna het Abraham na sy knegte toe teruggekeer, en hulle het opgestaan en saam na Berseʹba+ teruggegaan. Abraham het in Berseʹba bly woon. 20  Later is daar vir Abraham vertel: “Milka het ook geboorte gegee aan seuns vir jou broer Nahor:+ 21  Us, die eersgeborene, sy broer Bus, Keʹmuel (die pa van Aram), 22  Kesed, Haso, Pildas, Jidlaf en Beʹtuel.”+ 23  Beʹtuel het die pa van Rebekka+ geword. Milka het aan hierdie agt geboorte gegee vir Nahor, Abraham se broer. 24  Sy byvrou, wie se naam Reüma was, het ook aan seuns geboorte gegee: Tebag, Gaham, Tahas en Maʹäga.

Voetnote

Verwys moontlik na brandende kole.
Of “slagmes”.
Verwys moontlik na brandende kole.
Of “slagmes”.
Beteken “Jehovah sal voorsien; Jehovah sal daarvoor sorg”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “poort”.
Lett. “saad”.