Genesis 4:1-26
4 En Adam het seksuele omgang met sy vrou, Eva, gehad, en sy het swanger geword.+ Toe sy aan Kain+ geboorte gegee het, het sy gesê: “Ek het met Jehovah se hulp ’n manlike kind voortgebring.”*
2 Later het sy aan sy broer Abel+ geboorte gegee.
Abel het ’n herder geword, maar Kain het ’n landbouer geword.
3 Ná verloop van tyd het Kain van die opbrengs van die grond as ’n offer aan Jehovah gebring.
4 Maar Abel het van die eersgeborenes* van sy kleinvee+ gebring, insluitende die vet. Jehovah het Abel en sy offer goedgekeur,+
5 maar hy het Kain en sy offer nie goedgekeur nie. Kain het toe baie kwaad geword, en hy was ongelukkig.
6 Toe het Jehovah vir Kain gesê: “Hoekom is jy so kwaad en ongelukkig?
7 As jy begin doen wat goed is, sal jy weer my goedkeuring geniet. Maar as jy dit nie doen nie, lê die sonde by die deur en loer, en dit wil jou oorheers. Maar sal jy die oorhand daaroor kry?”
8 Daarna het Kain vir sy broer Abel gesê: “Kom ons gaan in die veld in.” Terwyl hulle in die veld was, het Kain sy broer Abel aangeval en hom doodgemaak.+
9 Later het Jehovah vir Kain gevra: “Waar is jou broer Abel?” En hy het geantwoord: “Ek weet nie. Is ek my broer se oppasser?”
10 Toe het Hy gesê: “Wat het jy gedoen? Luister! Jou broer se bloed roep van die grond af na my toe uit.+
11 En nou is jy vervloek en verban van die grond af wat jou broer se bloed uit jou hand ontvang het.+
12 Wanneer jy die grond bewerk, sal dit nie vir jou sy opbrengs gee nie. Jy sal ’n vlugteling en ’n swerwer op die aarde word.”
13 Toe het Kain vir Jehovah gesê: “Die straf vir my oortreding is te groot om te dra.
14 Vandag verdryf u my uit hierdie gebied,* en ek sal nie meer voor u aangesig wees nie. Ek sal ’n vlugteling en ’n swerwer op die aarde word, en as enigiemand my vind, sal hy my beslis doodmaak.”
15 Toe het Jehovah vir hom gesê: “Om dit te voorkom, sal daar sewe keer wraak geneem word op enigiemand wat Kain doodmaak.”
Jehovah het dus ’n teken vir Kain vasgestel sodat niemand wat hom vind, hom sou doodmaak nie.
16 Kain het toe van Jehovah af weggegaan en in die Land van Ballingskap,* oos van Eden,+ gaan woon.
17 Daarna het Kain seksuele omgang met sy vrou+ gehad, en sy het swanger geword en aan Henog geboorte gegee. Toe het hy ’n stad gebou en die stad na sy seun Henog vernoem.
18 Later is Irad vir Henog gebore. Irad het die vader van Mehuʹjael geword, en Mehuʹjael het die vader van Metuʹsael geword, en Metuʹsael het die vader van Lameg geword.
19 Lameg het vir hom twee vrouens geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede was Silla.
20 Ada het aan Jabal geboorte gegee. Hy was die eerste persoon wat in tente gewoon en vee gehad het.
21 Sy broer se naam was Jubal. Hy was die eerste persoon wat op die harp en op die fluit gespeel het.
22 Silla het geboorte gegee aan Tubal-Kain, wat allerhande soorte gereedskap uit koper en yster gesmee het. En Tubal-Kain se suster was Naäma.
23 Toe het Lameg hierdie woorde vir sy vrouens, Ada en Silla, gesê:
“Hoor my stem, o vrouens van Lameg,luister na my woorde:
’n Man het ek doodgemaak omdat hy my gewond het,ja, ’n jong man omdat hy my geslaan het.
24 As Kain 7 keer gewreek moet word,+dan moet Lameg 77 keer gewreek word.”
25 Adam het weer seksuele omgang met sy vrou gehad, en sy het aan ’n seun geboorte gegee. Sy het hom Set*+ genoem, want soos sy gesê het: “God het vir my ’n ander nageslag* in Abel se plek gegee, want Kain het hom doodgemaak.”+
26 Set het ook ’n seun gehad, en hy het hom Enos+ genoem. In daardie tyd het mense die naam van Jehovah begin aanroep.
Voetnote
^ Of “aan ’n manlike kind geboorte gegee”.
^ Lett. “eerstelinge”.
^ Lett. “van die oppervlak van die grond af”.
^ Of “die land Nod”.
^ Beteken “aangestel; geplaas”.
^ Lett. “saad”.