Hosea 11:1-12
11 “Toe Israel ’n seun was, het ek hom liefgehad,+en uit Egipte het ek my seun geroep.+
2 Hoe meer hulle geroep is,*hoe meer het hulle weggegaan.+
Hulle het aangehou om aan die Baäl-beelde te offer+en om offerandes aan die afgodsbeelde te bring.+
3 Maar dit was ek wat Eʹfraim geleer het om te loop+ en hulle in my arms geneem het.+
En hulle het nie erken dat ek hulle genees het nie.
4 Met die toue van die mens* het ek hulle bly trek, met die koorde van liefde.+
En ek was vir hulle soos iemand wat ’n juk van hulle kakebene aflig,en met groot sorg het ek vir elkeen kos gebring.
5 Hulle sal nie na Egipte terugkeer nie, maar Assiʹrië sal hulle koning wees,+omdat hulle geweier het om na my toe terug te keer.+
6 En ’n swaard sal deur sy stede gaan+en sy grendels vernietig en verslind weens hulle goddelose planne.+
7 My volk is vasbeslote om ontrou aan my te wees.+
Al word hulle boontoe* geroep, staan niemand op nie.
8 Hoe kan ek jou laat gaan, o Eʹfraim?+
Hoe kan ek jou oorlewer, o Israel?
Hoe kan ek jou soos Adma behandel?
Hoe kan ek jou soos Seboʹjim+ maak?
Ek het van gedagte verander,en ek voel baie jammer vir julle.+
9 Ek sal nie aan my brandende woede uiting gee nie.
Ek sal Eʹfraim nie weer vernietig nie,+want ek is God en nie ’n mens nie,die Heilige by julle.
En ek sal nie in woede teen julle optree nie.
10 Hulle sal Jehovah volg, en hy sal soos ’n leeu brul.+
Wanneer hy brul, sal sy kinders bewend uit die weste kom.+
11 Hulle sal bewend soos ’n voël uit Egipte kom,soos ’n duif uit Assiʹrië.+
En ek sal hulle in hulle huise laat woon,” sê Jehovah.+
12 “Eʹfraim het my omring met leuens,en die huis van Israel met bedrog.+
Maar Juda volg God nog,*en hy is getrou aan die Allerheiligste.”+
Voetnote
^ D.w.s. deur profete en ander wat gestuur is om Israel te onderrig.
^ Of “die toue van goedhartigheid”, soos dié van ’n ouer.
^ D.w.s. na ’n verhewe vorm van aanbidding.
^ Of “wandel nog met God”.