Jesaja 4:1-6

  • Sewe vrouens gryp een man vas (1)

  • Wat Jehovah laat uitspruit, sal skitterend wees (2-6)

4  En sewe vrouens sal in daardie dag een man vasgryp+ en sê: “Ons sal ons eie brood eeten ons eie klere dra. Laat ons net jou naam draom ons skande* weg te neem.”+  In daardie dag sal dit wat Jehovah laat uitspruit, pragtig en skitterend wees, en die vrug van die land sal die trots en prag van die oorlewendes van Israel wees.+  Dié wat in Sion oorbly en in Jerusalem oor is, sal heilig genoem word, elkeen in Jerusalem wat opgeskryf is om te bly lewe.+  Wanneer Jehovah die vuilheid* van die dogters van Sion afwas+ en die bloedskuld van Jerusalem uit haar wegspoel deur sy brandende woede*+ en sy oordeel,  sal Jehovah oor die hele gebied van die berg Sion en oor die plek waar mense in haar bymekaarkom, ’n wolk en rook in die dag skep, en in die nag ’n vuur wat helder brand.+ Want oor die hele glorieryke plek sal daar ’n beskutting wees.  En daar sal ’n hut wees wat in die dag skaduwee teen die hitte bied,+ sowel as skuiling en beskerming teen storms en die reën.+

Voetnote

D.w.s. die vernedering om ongetroud en kinderloos te wees.
Lett. “ontlasting”.
Of “deur ’n gees van suiwering”.