Prediker 5:1-20

  • Nader God met gepaste vrees (1-7)

  • Hoë amptenare dopgehou deur dié wat hoër is (8, 9)

  • Nutteloosheid van rykdom (10-20)

    • Dié wat geld liefhet, nooit tevrede nie (10)

    • Werker se slaap is soet (12)

5  Let op wat jy doen wanneer jy na die huis van die ware God gaan.+ Dit is beter om te gaan om te luister+ as om ’n offer te gee soos die dwase,+ want hulle weet nie dat wat hulle doen, sleg is nie.  Moenie vinnig wees met jou woorde nie, en laat jou hart nie oorhaastig praat voor die ware God nie,+ want die ware God is in die hemel, maar jy is op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.+  Want drome kom as te veel dinge jou gedagtes besig hou,*+ en die gebabbel van ’n dwaas kom weens te veel woorde.+  Wanneer jy ’n gelofte aan God maak, moet jy nie uitstel om dit na te kom nie,+ want hy hou nie van dwase mense nie.+ As jy ’n gelofte maak, moet jy dit nakom.+  Dit is beter dat jy nie ’n gelofte maak nie as dat jy ’n gelofte maak en dit nie nakom nie.+  Moenie toelaat dat jou mond jou* laat sondig nie,+ en moenie voor die engel* sê dat dit ’n fout was nie.+ Waarom moet jy die ware God kwaad maak oor wat jy sê sodat hy die werk van jou hande moet vernietig?+  Want drome kom as baie dinge jou gedagtes besig hou,+ en net so lei baie woorde tot nutteloosheid. Maar vrees die ware God.+  As jy sien dat die arme onderdruk word en dat daar nie reg en regverdigheid in jou gebied is nie, moet jy nie verbaas wees nie.+ Daardie hoë amptenaar word dopgehou deur iemand wat hoër as hy is, en daar is ander wat selfs hoër as hulle is.  En wat die land oplewer, word onder hulle almal verdeel. Selfs die koning is afhanklik van die grond.+ 10  Iemand wat silwer liefhet, sal nooit genoeg kry van silwer nie, ook nie iemand wat rykdom liefhet, van inkomste nie.+ Dit is ook nutteloos.+ 11  Hoe meer goeie dinge daar is, hoe meer mense is daar om dit te gebruik.+ En watter voordeel is daar vir die eienaar daarvan? Hy kan maar net daarna kyk.+ 12  Soet is die slaap van die een wat dien, of hy nou min of baie eet, maar die rykdom van die ryke laat hom nie toe om te slaap nie. 13  Ek het iets baie tragies onder die son gesien: iemand wat rykdom opgaar tot sy eie nadeel. 14  Hy verloor sy rykdom weens ’n slegte transaksie, en wanneer hy die pa word van ’n seun, het hy niks oor nie.+ 15  Net soos iemand kaal in die wêreld kom, gaan hy kaal uit die wêreld uit.+ En hy kan niks waarvoor hy hard gewerk het, saamneem nie.+ 16  Dit is ook baie tragies: Net soos hy gekom het, so sal hy weggaan. Watter voordeel is daar dan vir die een wat hard bly werk vir wind?+ 17  En hy eet elke dag asof hy in die duisternis eet, met baie frustrasie en siekte en woede.+ 18  Ek het gesien dat die volgende goed en gepas is: dat iemand eet en drink en al sy harde werk op hierdie aarde geniet+ gedurende die kort tydjie wat die ware God hom gegee het om te lewe, want dit is sy beloning.+ 19  En as die ware God vir ’n mens rykdom en materiële besittings gee+ en hom in staat stel om dit te geniet, dan moet hy sy beloning aanvaar en vreugde vind in sy harde werk. Dit is die gawe van God.+ 20  Want hy sal skaars nadink oor wat in sy lewe gebeur,* omdat die ware God hom besig hou met die dinge wat sy hart bly maak.+

Voetnote

Of “weens te veel sorge”.
Lett. “jou vlees”.
Of “boodskapper”.
Of “aan sy lewensdae dink”.