Psalms 141:1-10
’n Melodie van Dawid.
141 O Jehovah, ek roep u aan.+
Kom gou om my te help.+
Skenk aandag wanneer ek tot u roep.+
2 Mag my gebed wees soos reukwerk+ wat voor u voorberei is,+my opgeligte hande soos die graanoffer in die aand.+
3 Stel ’n wag voor my mond, o Jehovah.
Bewaak die deur van my lippe.+
4 Moenie toelaat dat my hart geneig word tot enigiets wat sleg is nie,+om walglike dinge te doen saam met goddelose mense nie.
Mag ek nooit hulle lekkernye geniet nie.
5 As die regverdige my sou slaan, sou dit ’n daad van lojale liefde wees.+
As hy my sou teregwys, sou dit soos olie op my kop wees,+wat my kop nooit sou weier nie.+
Selfs tydens hulle rampspoed sal ek bly bid.
6 Al word hulle regters van die krans afgegooi,sal die volk aandag skenk aan my woorde, want dit is aangenaam.
7 Net soos wanneer iemand grond ploeg en dit opbreek,so is ons beendere by die mond van die Graf* verstrooi.
8 Maar ek rig my oë op u, o Soewereine Heer Jehovah.+
Ek het beskerming by u kom soek.
Moenie my lewe wegneem nie.
9 Beskerm my teen die valstrik wat hulle vir my gestel het,teen die strikke van slegte mense.
10 Die goddeloses sal almal saam in hulle eie nette val,+terwyl ek veilig verbygaan.