Psalms 15:1-5

  • Wie mag ’n gas in Jehovah se tent wees?

    • Hy praat die waarheid in sy hart (2)

    • Hy laster nie (3)

    • Hy hou sy beloftes, al is dit sleg vir hom (4)

’n Melodie van Dawid. 15  O Jehovah, wie mag ’n gas in u tent wees? Wie mag op u heilige berg woon?+   Die een wat ’n rein lewe lei,*+wat doen wat reg is+en wat in sy hart die waarheid praat.+   Hy laster nie met sy tong nie,+hy doen niks slegs aan sy naaste nie+en hy praat nie sleg van sy vriende nie.+   Hy verwerp enigiemand wat afstootlik is,+maar hy eer dié wat Jehovah vrees. Hy hou sy belofte,* selfs al is dit sleg vir hom.+   Hy leen nie sy geld teen rente uit nie,+en hy aanvaar nie ’n omkoopgeskenk teen die onskuldige nie.+ Die een wat hierdie dinge doen, sal altyd standvastig wees.*+

Voetnote

Of “wat in integriteit wandel”. Sien Woordelys.
Lett. “eed”.
Of “nooit wankel nie”.