Psalms 2:1-12
2 Hoekom is die nasies so onrustigen beraam die volke nuttelose planne?*+
2 Die konings van die aarde neem stelling in,en hoë amptenare span saam* soos een man+teen Jehovah en teen sy gesalfde.*+
3 Hulle sê: “Laat ons hulle kettings afruken hulle toue van ons af weggooi!”
4 Die Een wat op sy troon in die hemel sit, sal lag.
Jehovah sal hulle bespot.
5 Dan sal hy in sy woede met hulle praaten hulle met sy brandende woede laat bang word.
6 Hy sal sê: “Ek het self my koning ingehuldig+op Sion,+ my heilige berg.”
7 Laat ek die besluit van Jehovah verkondig.
Hy het vir my gesê: “Jy is my seun.+
Vandag het ek jou vader geword.+
8 Vra my, en ek sal nasies as jou erfdeel gee,en die eindes van die aarde as jou besitting.+
9 Jy sal hulle met ’n ystersepter breek,+en jy sal hulle soos ’n kleipot stukkend slaan.”+
10 En nou, o konings, toon insig.
Aanvaar dissipline,* o regters van die aarde.
11 Dien Jehovah met vrees,en wees bly met diep respek.
12 Eer* die seun,+ anders sal God* kwaad worden sal julle van die weg verwyder word,+want Sy woede vlam vinnig op.
Gelukkig is almal wat by Hom beskerming soek.
Voetnote
^ Of “mompel (bepeins) die volke iets leegs?”
^ Of “beraadslaag”.
^ Of “sy Christus”.
^ Of “Wees gewaarsku”.
^ Lett. “Soen”.
^ Lett. “hy”.