Psalms 35:1-28

  • Gebed om van vyande gered te word

    • Vyande sal weggedryf word (5)

    • God onder skares geloof (18)

    • Sonder rede gehaat (19)

Van Dawid. 35  O Jehovah, verdedig my saak teen my vyande.+ Veg teen dié wat teen my veg.+   Neem u klein skild* en u groot skild,+en staan op om my te verdedig.+   Lig u spies en oorlogsbyl* op teen dié wat my agternasit.+ Sê vir my: “Ek is jou redding.”+   Mag dié wat my wil doodmaak, skaam kry en verneder word.+ Mag dié wat planne beraam om my te vernietig, in skande terugtrek.   Mag hulle soos kaf in die wind word. Mag Jehovah se engel hulle wegdryf.+   Mag hulle pad donker en glibberig weesterwyl Jehovah se engel hulle agternasit.   Want sonder rede het hulle ’n net gestel om my te vang. Sonder rede het hulle ’n put vir my gegrawe.   Mag rampspoed onverwags oor hom kom. Mag hy gevang word in die net wat hy gespan het. Mag hy daarin val en vernietig word.+   Maar ek sal vreugdevol wees as gevolg van Jehovah. Ek sal bly wees oor sy reddingsdade. 10  My hele wese sal sê: “O Jehovah, wie is soos u? U red die hulpeloses van dié wat sterker is as hulle,+ die hulpeloses en die armes van dié wat hulle beroof.”+ 11  Getuies met slegte bedoelings kom na vore,+en hulle vra my dinge waarvan ek niks weet nie. 12  Hulle betaal my terug met slegtheid vir die goeie wat ek doen,+en dit laat my baie hartseer voel. 13  Maar toe hulle siek was, het ek saklinne aangetrek. Ek het my verneder deur te vas,en wanneer my gebed nie beantwoord is nie,* 14  het ek rondgeloop en getreur soos vir ’n vriend of ’n broer. Ek het hartseer neergebuig, soos iemand wat oor sy moeder treur. 15  Maar toe ek gestruikel het, was hulle bly en het hulle bymekaargekom. Hulle het bymekaargekom om my onverwags neer te slaan. Hulle het my verskeur en nie stilgebly nie. 16  Die goddeloses beledig en bespot my,*hulle kners hulle tande vir my.+ 17  O Jehovah, hoe lank sal u net bly toekyk?+ Red my van hulle aanvalle,+my kosbare lewe* van die jong leeus.*+ 18  Dan sal ek u in die groot gemeente dank.+ Ek sal u onder ’n skare mense loof. 19  Moenie toelaat dat dié wat sonder rede my vyande is, lekker kry as gevolg van my rampspoed nie. Moenie toelaat dat dié wat my sonder rede haat,+ hulle oë met slegte bedoelings knip nie.+ 20  Want hulle praat nie van vrede nie,maar is bedrieglik en beraam planne teen die vreedsame mense van die land.+ 21  Hulle maak hulle mond wyd oop om my te beskuldig,en hulle sê: “Aha! Aha! Ons het dit met ons eie oë gesien.” 22  U het dit gesien, o Jehovah. Moenie stilbly nie.+ O Jehovah, moenie ver van my af bly nie.+ 23  Word wakker en staan op om my te verdedig,my God, Jehovah, verdedig my in my regsaak. 24  Oordeel my volgens u regverdigheid,+ o Jehovah my God. Moenie toelaat dat hulle lekker kry as gevolg van my rampspoed nie. 25  Mag hulle nooit sê: “Aha! Ons het gekry wat ons wou hê” nie. Mag hulle nooit sê: “Ons het hom ingesluk” nie.+ 26  Laat skande en oneer oor hulle almal kom,dié wat lekker kry as gevolg van my rampspoed. Laat dié wat op my neersien, skaam kry en verneder word. 27  Maar laat dié wat bly is oor my regverdigheid, van vreugde uitroep. Mag hulle heeltyd sê: “Mag Jehovah verheerlik word, die Een wat bly is dat sy kneg vrede geniet.”+ 28  Dan sal my tong u regverdigheid verkondig*+en u die hele dag loof.+

Voetnote

Klein skilde is gewoonlik deur boogskutters gedra.
Of “dubbele byl”.
Of “na my boesem teruggekeer het”.
Of moontlik “Die goddeloses spot vir ’n koek”.
Lett. “my enigste een”, wat verwys na sy siel, of lewe.
Of “jong maanhaarleeus”.
Of “oor u regverdigheid nadink”.