Aan die Romeine 9:1-33

  • Paulus hartseer oor vleeslike Israel (1-5)

  • Abraham se ware nageslag (6-13)

  • God se keuse kan nie bevraagteken word nie (14-26)

    • Voorwerpe van woede en van genade (22, 23)

  • Net ’n oorblyfsel sal gered word (27-29)

  • Israel se struikeling (30-33)

9  Ek vertel die waarheid in Christus. Ek lieg nie, want my gewete getuig saam met my in heilige gees  dat daar baie hartseer en onophoudelike pyn in my hart is.  Want ek is bereid om as ’n vervloekte geskei te word van die Christus ter wille van my broers, my familielede,*  wat Israeliete is. Hulle is as kinders aangeneem+ en het die heerlikheid, die verbonde,+ die Wet,+ die heilige diens+ en die beloftes+ ontvang.  Hulle het afgestam van ons voorvaders,+ uit wie die Christus gebore is.*+ Mag God, wat oor alles is, vir ewig geloof word. Amen.  Maar dit is nie asof die woord van God nie vervul is nie. Want nie almal wat uit Israel gebore is, is werklik “Israel” nie.+  En hulle is ook nie almal kinders omdat hulle Abraham se nageslag* is nie,+ maar: “Wat jou nageslag* genoem sal word, sal deur Isak wees.”+  Dit wil sê, die kinders in die vlees is nie werklik die kinders van God nie,+ maar die kinders deur die belofte+ word as die nageslag* beskou.  Want die belofte het gesê: “Op dié tyd sal ek kom, en Sara sal ’n seun hê.”+ 10  Nie net toe nie, maar ook toe Rebekka swanger geword het met ’n tweeling by Isak, ons voorvader.+ 11  Toe hulle nog nie gebore was of enigiets goeds of slegs gedoen het nie – sodat God se voorneme in verband met wie hy sou kies, nie van werke sou afhang nie maar van die Een wat roep – 12  is daar vir haar gesê: “Die oudste sal die slaaf van die jongste wees.”+ 13  Net soos daar geskryf is: “Ek was lief vir Jakob, maar ek het Esau gehaat.”+ 14  Wat sal ons dan sê? Is daar onregverdigheid by God? Beslis nie!+ 15  Want hy sê vir Moses: “Ek sal genade betoon aan wie ek genade wil betoon, en ek sal medelye* betoon aan wie ek medelye* wil betoon.”+ 16  Dit hang dus nie af van wat ’n persoon doen of wat hy wil doen nie,* maar van God, wat genadig is.+ 17  Want die Skrifgedeelte sê vir Farao: “Om dié rede het ek jou toegelaat om te bly lewe: sodat ek my krag deur jou kan wys en sodat my naam oor die hele aarde bekend gemaak kan word.”+ 18  So toon hy dan genade aan wie hy wil, maar hy laat hardkoppig word wie hy wil.+ 19  Maar jy sal vir my vra: “Hoekom vind hy dan nog fout? Want wie het sy wil weerstaan?” 20  Maar wie is jy, o mens, om God terug te antwoord?+ Sal wat gevorm is, vir die een wat dit gevorm het, vra: “Hoekom het jy my so gemaak?”+ 21  Wat? Het die pottebakker nie die gesag+ om uit dieselfde klei een voorwerp* vir ’n eervolle gebruik en ’n ander vir ’n oneervolle gebruik te maak nie? 22  Wat dan as God sy woede wou toon en sy krag bekend wou maak, maar hy voorwerpe van woede, wat vernietig sou word, geduldig verdra het? 23  En as hy dit gedoen het om die oorvloed van sy heerlikheid bekend te maak oor voorwerpe van genade,+ wat hy vooraf voorberei het om verheerlik te word, 24  naamlik ons, wat hy nie net uit die Jode geroep het nie maar ook uit die nasies,+ wat daarvan? 25  Dit is soos hy ook in Hoseʹa sê: “Dié wat nie my volk is nie,+ sal ek ‘my volk’ noem, en die vrou vir wie ek nie lief was nie, sal ek ‘my geliefde’ noem+ 26  en op die plek waar daar vir hulle gesê is: ‘Julle is nie my volk nie,’ daar sal hulle ‘kinders van die lewende God’+ genoem word.” 27  En Jesaja sê oor Israel: “Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, sal net die oorblyfsel gered word.+ 28  Want Jehovah* sal dié wat op die aarde woon, oordeel en hy sal dit vinnig uitvoer.”+ 29  En soos Jesaja ook voorspel het: “As Jehovah* van die leërmagte nie vir ons ’n nageslag* laat oorbly het nie, sou ons net soos Sodom geword het en sou ons soos Gomorʹra gewees het.”+ 30  Wat sal ons dan sê? Al het mense van die nasies nie probeer om regverdig te wees nie, het hulle weens geloof+ regverdig geword in God se oë,+ 31  maar al het Israel volgens ’n wet van regverdigheid probeer lewe, het hulle dit nie reggekry nie. 32  Hoekom? Omdat hulle dit nie deur geloof probeer doen het nie, maar deur werke. Hulle het oor die “steen van struikeling” gestruikel,+ 33  soos daar geskryf is: “Kyk! Ek lê in Sion ’n steen+ van struikeling en ’n rots van aanstoot, maar die een wat sy geloof daarop bou, sal nie teleurgestel word nie.”+

Voetnote

Lett. “my familielede na die vlees”.
Of “na die vlees gebore is”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “van die een wat begeer of van die een wat hardloop nie”.
Lett. “houer”.
Lett. “saad”.