Aan Titus 3:1-15

  • Gepaste onderdanigheid (1-3)

  • Wees voorbereid vir goeie werke (4-8)

  • Verwerp dwase argumente en sektes (9-11)

  • Persoonlike instruksies en groete (12-15)

3  Hou aan om hulle daaraan te herinner om onderdanig en gehoorsaam te wees aan regerings en owerhede,+ om gereed te wees vir elke goeie werk,  om niks slegs van enigiemand te sê nie, om nie stryerig te wees nie, maar redelik,+ en om sagmoedigheid te openbaar teenoor alle mense.+  Want ons was ook voorheen onverstandig, ongehoorsaam, mislei, slawe van allerhande begeertes en genot. Ons het in slegtheid en jaloesie gelewe, was afskuwelik en het mekaar gehaat.  Maar toe die goedhartigheid van ons Redder, God,+ en sy liefde vir die mensdom geopenbaar is,  het hy ons gered, nie as gevolg van enige regverdige dade wat ons gedoen het nie,+ maar as gevolg van sy eie genade.+ Hy het ons gered deur middel van die bad wat ons lewend gemaak het+ en deur ons nuut te maak met heilige gees.+  Hy het hierdie gees oorvloedig* op ons uitgestort deur Jesus Christus, ons Redder,+  sodat ons, nadat ons op grond van sy onverdiende goedheid regverdig verklaar is,+ erfgename kan word+ wat die hoop het op ewige lewe.+  Hierdie woorde is betroubaar, en ek wil hê dat jy moet aanhou om hierdie dinge te beklemtoon sodat dié wat in God glo, daarop kan konsentreer om goeie werke te bly doen. Hierdie dinge is goed en voordelig vir mense.  Maar vermy dwase argumente en geslagsregisters en stryery oor die Wet, want dit bereik niks nie en beteken niks nie.+ 10  As iemand ’n sekte bevorder,+ verwerp hom+ nadat hy ’n eerste en ’n tweede keer gewaarsku* is,+ 11  omdat jy weet dat so iemand van die weg afgedwaal het en gesondig het en homself veroordeel het. 12  Wanneer ek Arʹtemas of Tiʹgikus+ na jou toe stuur, moet jy jou bes doen om na my toe te kom in Nikopoʹlis, want ek het besluit om die winter daar te bly. 13  Gee Senas, wat die Wet goed ken, en Apolʹlos alles wat hulle nodig het, sodat hulle niks vir hulle reis sal kortkom nie.+ 14  Maar ons mense moet ook leer om aan te hou met goeie werke en om te help in tye van nood+ sodat hulle nie onproduktief* sal wees nie.+ 15  Almal wat by my is, stuur vir jou groete. Stuur groete vir dié wat vir ons lief is en wat in die geloof is. Mag die onverdiende goedheid met julle almal wees.

Voetnote

Of “ryklik”.
Of “vermaan”.
Lett. “onvrugbaar”.