Ek bou geloof
Laai af:
1. Soveel vrae: ‘Sal Sy pad my hart bly kan maak? Wie sê dis waar?
Is wat die wêreld gee beter?’ Ek was onseker
en so deurmekaar.
Toe het ek gaan soek – die waarheid aan myself bewys.
En dis nou nog hoe ek teen my twyfel stry
en hoe ek sterk bly!
(REFREIN)
Ek werk hard om geloof te bou,
om twyfel in my stil te hou.
God gee my als waaraan ek klou
om my sterk te hou en aan my geloof te bou –
geloof te bou
en sterk te hou,
geloof te bou.
2. Ek kan sien dat die Duiwel goed en sleg verdraai, nou’s mense blind.
So ek moet my oë oophou, op my God vertrou
om te dink soos hy dink.
So ek vermy wat my laat twyfel of mislei.
Ek hou sy Woord en my hoop diep in my
en dit is wat my lei.
(REFREIN)
Ek werk hard om geloof te bou,
om twyfel in my stil te hou.
God gee my als waaraan ek klou
om my sterk te hou en aan my geloof te bou –
geloof te bou
en sterk te hou,
geloof te bou.
(OORGANG)
Dis soms ’n mooi vers wat ek lees, soms ’n lied,
’n teks op my foon van ’n goeie vriend –
dit als kom van U om my geloof op te bou
en sterk te hou.
(REFREIN)
Ek werk hard om geloof te bou,
om twyfel in my stil te hou.
U gee my als waaraan ek klou
om my nou sterk te hou en aan my geloof te bly bou –
geloof te bou
en sterk te hou,
geloof te bou.
Ek sal getrou
geloof opbou
en dit sterk hou.