Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Beskerm jou verstand

Beskerm jou verstand

Laai af:

  1. 1. Ek wil graag dit wat reg is doen,

    maar my hart vra: ‘Doen jy genoeg?’

    En daai stem hier binne my

    vra: ‘Maak jy Hom regtig bly?’

    So dit voel soms of ek verdrink,

    maar als raak stil binne my as ek bid.

    Dis hoe ek teen my angs stry.

    Jehovah, Vader, u help my!

    (REFREIN)

    So ek sal my swaar gedagtes wegdruk.

    Fokus op wat goed en mooi is.

    Ek sal my hart en ook my verstand

    beskerm, want dan sal ek vrede vind.

  2. 2. Ek wil graag altyd u wil doen,

    maar my gevoelens maak my moeg.

    Wonder wat u sien in my

    en hoe u my lief kan kry.

    Dan dink ek: ‘Stop! En staan nou op!

    Gaan uit en praat oor jou hoop en jou God.’

    Dis hoe ek teen my angs stry.

    Jehovah, Vader, u help my!

    (REFREIN)

    So ek sal my swaar gedagtes wegdruk.

    Fokus op wat goed en mooi is.

    Ek sal my hart en ook my verstand

    beskerm, want dan sal ek vrede vind,

    vrede vind.

    (OORGANG)

    Elke dag sal ek aanhou stry

    teen donker gedagtes in my.

    Ek hoef ook nooit te twyfel of stres.

    Jehovah, ek’s bly u weet ek probeer my bes,

    so ek hoef nooit te stres.

    (REFREIN)

    So ek sal my swaar gedagtes wegdruk.

    Fokus op wat goed en mooi is.

    Ek sal my hart en ook my verstand

    beskerm, want dan sal ek vrede vind.