Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah se familie

Jehovah se familie

Laai af:

  1. 1. Waar kan ek tog ware vriende kry?

    Mense wat my bystaan, wat my altyd opbou.

    My hele lewe is dit al wat ek wou hê:

    vriende wat omgee, op wie ek kan vertrou.

  2. 2. Ek het uiteindelik dit wel gekry.

    Jehovah het my gesien en na sy mense gelei.

    En my grootste droom het werklikheid geword.

    Meer as net vriende, dis die familie wat ek kort.

    (OORGANG)

    Ek is omring deur soveel liefde ooral waar ek gaan.

    Ek het broers en susters. Ek het ma’s en pa’s.

    So van elke land en taal dien ons God saam as een.

    As een familie staan ons almal altyd saam.

  3. 3. En ons liefde bind ons. Ons het mekaar.

    Selfs deur die donker tye is broers en susters daar

    om ons te vertroos en ook om by te staan.

    Hand aan hand sal ons saam die paradys ingaan.

    (OORGANG)

    En van elke land en taal dien ons God saam as een.

    As een familie staan ons almal altyd saam.

  4. 4. Jehovah nooi ons om sy vriende te word.

    Deel van sy groot familie. Sy liefde skiet nooit kort.

    En ons sal hom tot in alle ewigheid

    almal saam kan dien. ’n Familie almal saam.

    Ewig en vir altyd almal saam.

    Almal saam.

    Almal saam.