Leer as jy val
Laai af:
1. Elke mens maak soms ’n fout,
en jy moet dit onthou,
want jy’s nie alleen,
ja, ander is ook al hierdeur.
En dié keer is dit jy,
maar God kan jou hierdeur kry.
Leer uit wat gebeur het, ja,
draai om en hy sal help dat jy weer staan.
(REFREIN)
Staan weer op as jy val,
jy kan kom deur dit als.
Staan weer op en staan vas,
en word sterk soos jy was.
Gaan na God, neem sy hand
en sien hy is aan jou kant.
En jy sal, na dit als,
sterker wees as wat jy was.
Jy kan leer as jy val.
2. Die dag begin, en jy’t weer
als onthou en jy’s hartseer,
want jy wens jy kon teruggaan.
Jy wens jy’t sterk bly staan.
Praat oor dit met God.
Hy sal jou help, vertrou hom.
En soek ook in sy Woord
hoe jy weer op kan staan en sterk kan word.
(REFREIN)
Staan weer op as jy val,
jy kan kom deur dit als.
Staan weer op en staan vas,
en word sterk soos jy was.
Gaan na God, neem sy hand
en sien hy is aan jou kant.
En jy sal, na dit als,
sterker wees as wat jy was.
(OORGANG)
God se Woord sê hy verstaan
wie jy is en wat jy deurgaan.
Sy liefde’s ‘groter as ons hart
en hy weet als’.
Leer as jy val.
(REFREIN)
Staan weer op as jy val,
jy kan kom deur dit als.
Staan weer op en staan vas,
en word sterk soos jy was.
Gaan na God, neem sy hand
en sien hy is aan jou kant.
En jy sal, na dit als,
sterker wees as wat jy was.
Jy kan leer as jy val.
Jy kan leer as jy val.