Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Ons staan voor u verstom

Ons staan voor u verstom

Laai af:

  1. 1. Tot nou en nog voor ek hier was, het u Koninkryk

    verseker dat ek jaar na jaar, u tere sorg sou kry.

    U waarhede, u Woord en Slaaf, wat ons die lig laat sien

    en herders wat my liefhet, help dat ek vir u kan dien.

    By elke byeenkoms kan ek voel hoe u my seën.

    En op pad huis toe sal ons sê: “Dit was die beste een!”

    U leer my by verga’drings wat u nou van ons wil hê.

    U sorg vir my, dit kan ek sien. Ek kan hoor wat u sê.

    (REFREIN)

    Ons staan voor u verstom.

    U werke en die Koninkryk

    en dit wat nog sal kom,

    die Koninkryk se seëninge, is wat ons voor ons hou.

    U grote naam verseker ons, u Woord kan ons vertrou.

  2. 2. Ons bring vir die aarde goeie nuus in elke taal.

    O wat ’n eer, want u sien dat ons lief is vir u naam.

    Ons kan altyd gemoedsrus en begrip ook by u kry.

    U leer ons waar die pad is wat dan tot die lewe lei.

    Die liedjies beskryf wat ek voel diep hier binne my.

    Gesinsaanbidding help ons ook om na aan u te bly.

    Ons tale mag verskil, maar tog het ons mekaar so lief.

    Die eenheid van ons broederskap is wêreldwyd uniek.

    (REFREIN)

    Ons staan voor u verstom.

    U werke en die Koninkryk

    en dit wat nog sal kom,

    die Koninkryk se seëninge, is wat ons voor ons hou.

    U grote naam verseker ons, u Woord kan ons vertrou.