LIED 21
Soek die Koninkryk voortdurend
-
1. Iets so kosbaar vir Jehovah,
wat vir hom so baie tel,
is sy Koninkryk deur Christus,
wat weer alles reg sal stel.
(REFREIN)
Soek die Koninkryk voortdurend,
en ook Gods geregtigheid.
Loof hom nou in elke nasie,
dien Jehovah deurentyd.
-
2. Waarom angstig wees oor môre,
of ons dors of honger ly?
Want Jehovah maak voorsiening
as sy diens die voorkeur kry.
(REFREIN)
Soek die Koninkryk voortdurend,
en ook Gods geregtigheid.
Loof hom nou in elke nasie,
dien Jehovah deurentyd.
-
3. Wie dit waardig is, sal luister.
Laat die nuus hul tog bereik:
Al ons wense sal vervul word
deur ons God se Koninkryk.
(REFREIN)
Soek die Koninkryk voortdurend,
en ook Gods geregtigheid.
Loof hom nou in elke nasie,
dien Jehovah deurentyd.
(Sien ook Ps. 27:14; Matt. 6:34; 10:11, 13; 1 Pet. 1:21.)