Ons wag almal vir jou
Laai af:
1. Boetie, as jy hier is,
sal ek mooi praat met jou.
Boetie, ons het alles
wat jou gelukkig sal kan hou.
Ek sal vir jou oor God lees.
En as jy kwaad is, sal ek probeer
om aan te hou om met jou
mooi te wees.
(REFREIN)
Ons huis sal jou huis wees.
Jy sal hier speel en lag en leer.
Kom leer oor God, hier saam met ons.
Ja, kom gou!
Ons wag almal vir jou.
2. Boetie, ek sal daar wees
as Pappa jou leer om te bid.
Boetie, ons gaan saam speel,
rondhardloop en saam hop en spring.
Dis soms maar moeilik om als te deel,
maar wanneer jy huil, sal ek probeer
om jou te troos en jou ook
liefde gee.
(REFREIN)
Ons huis sal jou huis wees.
Jy sal hier speel en lag en leer.
Almal wil jou hier hê,
en almal wens jy kom sommer nou!
Ons wag almal vir jou.