HOU AAN WAAK!
Hoe om hoop in 2024 te vind – Wat sê die Bybel?
Baie mense dink nie dat daar ’n oplossing sal wees vir die probleme wat die wêreld in 2024 sal raak nie. Maar ons kan hoop vir die toekoms vind. Waar?
Die Bybel gee hoop
Die Bybel belowe dat God die probleme sal oplos wat ons lewe vandag hopeloos laat lyk. Binnekort sal God “elke traan van [ons] oë afvee, en die dood sal nie meer daar wees nie. Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie”. – Openbaring 21:4.
Om meer uit te vind oor die Bybel se beloftes vir die toekoms, lees die artikel “’n Ware hoop vir ’n beter toekoms”.
Hoe die Bybel jou nou kan help
Die Bybel voorsien ’n hoop vir die toekoms wat jou kan help om nie hopeloos te voel nie en om ’n meer positiewe uitkyk te hê (Romeine 15:13). Die Bybel se praktiese raad kan jou ook help om die probleme wat jy dalk nou het, te hanteer, soos armoede, ongeregtigheid en siekte.
Vind uit hoe die Bybel se hoop ’n man gehelp het om vrede en geluk te vind al het hy baie arm grootgeword. Kyk na die video Juan Pablo Zermeño: Jehovah het my ’n betekenisvolle lewe gegee.
Ontdek hoe die Bybel jou kan help wanneer jy skuldig, hartseer en angstig voel en wanneer jy iemand vir wie jy lief is, aan die dood verloor het. Lees die artikel “Kan ek woorde van vertroosting in die Bybel vind?”
Kyk hoe ’n oorlogsveteraan hoop danksy die Bybel gevind het. Sy het haarself as iemand beskryf wat moedeloos was en nie vir ander omgegee het nie. Kyk na die video Ek het my geweer neergesit.
Maak seker dat 2024 ’n goeie jaar vir jou en jou gesin sal wees. Vind uit hoe die Bybel jou kan help. Probeer ons gratis Bybelstudieprogram met ’n onderrigter. Kyk hoe God jou nou vrede kan gee, sowel as “’n toekoms en ’n hoop”. – Jeremia 29:11.