HOU AAN WAAK!
Hoekom is daar soveel haat? – Wat sê die Bybel?
Die nuus is gevul met berigte van haatspraak, haatmisdade, etniese geweld as gevolg van diskriminasie en oorlog.
Daar is nou meer haatspraak as ooit tevore op sosiale media as gevolg van die konflik tussen Israel en Gasa en mense wat geweld en haat bevorder. – The New York Times, 15 November 2023.
“Vanaf die 7de Oktober het die wêreld ’n skerp toename in haat, haatspraak en haatmisdade gesien wat ’n mens bekommerd maak.” – Dennis Francis, die president van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, 3 November 2023.
Haatspraak, geweld en oorlog is niks nuuts nie. Om die waarheid te sê, die Bybel beskryf mense in die verlede wat “hulle wrede woorde soos pyle [gerig het]” en wat oorlog en geweld bevorder het (Psalm 64:3; 120:7; 140:1). Maar die Bybel verduidelik dat die haat wat ons vandag sien, ’n belangrike betekenis het.
Haat – ’n Teken van ons tye
Die Bybel gee twee redes hoekom haat vandag algemeen is.
1. Dit het ’n tyd voorspel wanneer “die liefde van die meeste mense [sal] afkoel” (Matteus 24:12). In plaas van liefde sal mense oor die algemeen ’n gesindheid hê wat veroorsaak dat hulle mekaar haat. – 2 Timoteus 3:1-5.
2. Die intense haat in die wêreld vandag is as gevolg van die wrede en goddelose invloed van Satan die Duiwel. Die Bybel sê: “Die hele wêreld is in die mag van die Duiwel.” – 1 Johannes 5:19; Openbaring 12:9, 12.
Maar die Bybel wys ook dat God binnekort die hoofoorsake van haat sal verwyder. En hy sal al die swaarkry wegneem wat deur haat veroorsaak is. Die Bybel belowe:
“God sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal nie meer daar wees nie. Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie. Die vorige dinge is verby.” – Openbaring 21:4.