Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

HOU AAN WAAK!

Skietvoorvalle by skole – Wat sê die Bybel?

Skietvoorvalle by skole – Wat sê die Bybel?

 Op 24 Mei 2022 het ’n aaklige tragedie in die klein dorpie Uvalde, Texas, VSA, gebeur. Volgens The New York Times “het ’n gewapende man 19 kinders en twee onderwysers doodgemaak . . . by Robb-laerskool”.

 Ongelukkig gebeur sulke skokkende dinge gereeld. USA Today het berig dat net in die Verenigde State “was daar verlede jaar 249 skietvoorvalle by skole – meer as enige ander jaar vanaf ten minste 1970”.

 Hoekom gebeur hierdie aaklige dinge? Hoe kan ons sulke wrede dade hanteer? Is daar enige rede om te glo dat die geweld sal ophou? Die Bybel gee ons die antwoorde.

Hoekom raak die wêreld gewelddadiger?

 Baie mense wonder: ‘Hoekom keer God nie dat sulke aaklige tragedies soos skietvoorvalle by skole gebeur nie?’ Om die Bybel se antwoord te kry, lees die artikel “Slegte dinge gebeur met goeie mense—Waarom?

Hoe kan ons sulke wreedheid hanteer?

  •    “Alles wat vroeër geskryf is, is geskryf sodat ons daaruit kan leer, sodat ons . . . deur die vertroosting uit die Skrif hoop kan hê.” – Romeine 15:4.

 Bybelbeginsels kan jou help om hierdie gewelddadige wêreld te hanteer. Vir meer inligting, sien die Ontwaak! met die titel “Sal geweld ooit tot ’n einde kom?

 Vir voorstelle oor hoe ouers hulle kinders kan help om ontstellende nuusberigte te hanteer, lees die artikel “Ontstellende nuusberigte en jou kinders”.

Sal die geweld ooit ophou?

  •    “Van onderdrukking en van geweld sal hy hulle red.” – Psalm 72:14.

  •    “Hulle sal ploegskare maak van hulle swaarde, en snoeimesse van hulle spiese. Nasie sal nie teen nasie die swaard opneem nie, en hulle sal ook nie meer leer om oorlog te voer nie.” – Miga 4:3.

 God sal doen wat mense nie kan doen nie. Sy hemelse Koninkryksregering sal alle wapens vernietig en ’n einde maak aan alle geweld. Om meer uit te vind oor wat God se Koninkryk sal doen, lees die artikel “Onder God se Koninkryk sal daar ’n ‘oorvloed van vrede’ wees”.