Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Vind baat by Jesus se offerande

Vind baat by Jesus se offerande

Een keer elke jaar herdenk Jehovah se Getuies en miljoene mense wat hulle nooi, regoor die wêreld die Herdenking van Jesus se dood, net soos hy beveel het (Lukas 22:19). Hierdie geleentheid help ons om die belangrikheid te verstaan van wat Jesus gedoen het toe hy sy lewe vir die mensdom gegee het. Dit wys ook wat sy offerande vir ons kan beteken – nou en in die toekoms. – Johannes 3:16.

Of jy nou die Gedenkmaal hierdie jaar bygewoon het of nie, hoe kan jy baat vind by Jesus se offerdood? Jesus het ons geleer dat ons twee belangrike dinge moet doen:

  1. 1. Leer oor God en Jesus. Jesus het tot sy hemelse Vader gebid en gesê: “Om die ewige lewe te ontvang, moet hulle u leer ken, die enigste ware God, en ook die een wat u gestuur het, Jesus Christus.” – Johannes 17:3.

  2. 2. Pas toe wat jy leer. Jesus het beklemtoon dat ons sy leringe in ons lewe moet toepas. Byvoorbeeld, hy het sy bekende Bergpredikasie afgesluit deur almal te prys wat “[sy] woorde hoor en dit doen” (Lukas 6:46-48). Hy het ook by ’n ander geleentheid gesê: “Noudat julle hierdie dinge weet, sal julle gelukkig wees as julle dit doen.”Johannes 13:17.

Wil jy graag meer oor God en Jesus leer? Soek jy na praktiese raad oor hoe om dit wat jy leer, toe te pas? Hier is ’n paar maniere hoe jy inligting kan kry wat jou kan help.

Bybelstudieprogram

Ons gratis Bybelstudieprogram het al baie mense gehelp om die Bybel te studeer en om toe te pas wat dit sê.

  • Besoek die webblad ’n Bybelstudie met ’n onderrigter om meer uit te vind oor hierdie program.

  • Kyk na die video Welkom by jou Bybelstudie om te sien hoe ’n Bybelstudie met Jehovah se Getuies werk.

Vergaderinge van Jehovah se Getuies

Jehovah se Getuies kom twee keer per week bymekaar by hulle plek van aanbidding wat ’n Koninkryksaal genoem word. By hierdie vergaderinge bespreek ons die Bybel en hoe ons die leringe daarvan in ons lewe kan toepas.

Hierdie vergaderinge is oop vir die publiek, en jy hoef nie ’n Getuie te wees om dit by te woon nie. Afhangende van die plaaslike omstandighede kan jy die vergaderinge in persoon of deur middel van videoverbinding bywoon.

  • Kyk na die video Wat gebeur by ’n Koninkryksaal? om uit te vind wat jy by hierdie vergaderinge kan verwag.

Artikels en video’s aanlyn

Baie artikels en video’s op hierdie webwerf kan jou help om meer uit te vind oor Jesus se leringe en die waarde van sy offerdood.

Byvoorbeeld, om uit te vind hoe dit moontlik is dat miljoene mense kan baat vind by een man se dood, lees die artikels “Jesus red — Hoe?” en “Waarom het Jesus gely en gesterf?” of kyk na die video Waarom het Jesus gesterf?