Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Sean Gladwell/Moment via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Regerings wêreldwyd spandeer meer as R39 biljoen aan militêre magte – Wat sê die Bybel?

Regerings wêreldwyd spandeer meer as R39 biljoen aan militêre magte – Wat sê die Bybel?

 Gedurende 2022 het regerings wêreldwyd ’n rekordbedrag van meer as R39 biljoen aan militêre magte spandeer. Dit was meestal omdat Rusland vir Oekraïne aangeval het. Volgens ’n verslag wat vrygestel is in April 2023 deur die Stockholm se Internasionale Vredesnavorsingsinstituut (SIPRI), het die volgende in 2022 gebeur:

  •   Gedurende die jaar het Europese regerings 13 persent meer aan militêre magte spandeer, wat die meeste is wat Europa nog ooit sedert 1991 in ’n jaar daaraan spandeer het.

  •   “Rusland . . . het 9,2 persent meer uitgegee, wat hom skuif van die vyfde na die derde grootste spandeerder in die wêreld.”

  •   Die Verenigde State is nog steeds die land wat die meeste op hulle militêre mag uitgee, “wat 39 persent uitmaak van die totale bedrag wat die wêreld aan militêre magte spandeer”.

 “Die feit dat regerings in onlangse jare aanhou om al hoe meer geld aan hulle militêre magte te spandeer, wys dat ons in ’n wêreld lewe wat al hoe onveiliger is,” het dr. Nan Tian gesê, die medeskrywer van die SIPRI-verslag.

 Die Bybel het voorspel dat die magtigste regerings al hoe meer konflik en probleme met mekaar sou hê, maar dit wys ook wat die enigste hoop vir vrede is.

Al hoe meer militêre konflik is voorspel

  •   Die Bybel noem die tyd waarin ons lewe die “tyd van die einde”. – Daniël 8:19.

  •   Die boek Daniël het voorspel dat gedurende hierdie tyd daar kompeterende wêreldmagte sou wees. Hierdie wêreldmagte sou in ’n “stotery”, of ’n magstryd, betrokke raak. Hierdie magstryd sou insluit dat hulle baie van hulle “skatte”, of finansiële middele, sou spandeer. – Daniël 11:40, 42, 43.

 Om meer uit te vind oor hierdie fassinerende Bybelprofesie, kyk na die video Profesieë wat waar geword het – Daniël hoofstuk 11.

Ware vrede – Hoe sal dit gebeur?

  •   Die Bybel sê dat God menseregerings sal vervang. Hy sal “’n koninkryk oprig wat nooit vernietig sal word nie. En hierdie koninkryk sal nie aan ’n ander volk oorgedra word nie. Dit sal al daardie koninkryke vernietig en ’n einde aan hulle maak, en dit alleen sal vir ewig bestaan.” – Daniël 2:44.

  •   Jehovah a God sal binnekort iets doen wat mense nie kan regkry nie. Hy sal ware en ewige vrede bring. Hoe? Sy hemelse Koninkryksregering sal alle wapens vernietig en ’n einde aan alle geweld maak. – Psalm 46:8, 9.

 Om meer te leer oor wat God se Koninkryk sal bereik, lees die artikel “Onder God se Koninkryk sal daar ’n ‘oorvloed van vrede’ wees”.

a Jehovah is die persoonlike naam van God. – Psalm 83:18.