Hoe om ’n gelukkige gesinslewe te geniet
Hoe om ’n gelukkige gesinslewe te geniet
“EK LEES Die Wagtoring en Ontwaak! al vir 40 jaar”, skryf Graciela van Argentinië, Suid-Amerika. “Vandag, ná soveel jaar, kan ek werklik sê dat hulle in my behoeftes voorsien het. Hulle het my gehelp gedurende my kinderjare, gedurende my tienerjare, met my hofmakery en huwelik, asook met die grootmaak van my ses kinders.
“Die tydskrifte help my en my man om ons vier kinders wat nog in die huis is groot te maak. Ek maak goed gebruik van die tydskrifte om met my kinders en met hulle onderwysers by die skool te praat. Ek het al direk uit die Ontwaak! gelees wanneer ek met dokters oor gesondheidsprobleme gepraat het. Danksy die voorbladreeks ‘Hulp vir kinders met leergestremdhede’ (22 Februarie 1997) het ons besef dat een van ons dogters ’n leerprobleem het.”
Die publikasies van die Wagtoringgenootskap kan gesinne help om die talle probleme waarmee hulle te kampe het te bowe te kom en om saam ’n gelukkige gesinslewe te geniet. Die boek Die geheim van gesinsgeluk, met 192 bladsye, kan byvoorbeeld mans, vrouens, ouers, kinders, grootouers—ja, elke gesinslid—tot voordeel strek. ’n Paar van die leersame hoofstukke in hierdie boek is: “Voed jou kind van kleins af op”, “Help jou tiener om te floreer”, “Beskerm jou gesin teen verderflike invloede” en “Jy kan probleme te bowe kom wat ’n gesin skade berokken”.
Jy kan hierdie boek ontvang deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos. Jy sal spesifieke wenke ontvang wat jou kan help om probleme op te los en gesinslewe ’n genot te maak, soos die Skepper dit wou hê.
□ Stuur asseblief vir my die boek Die geheim van gesinsgeluk.
Dui taalvoorkeur aan
□ Tree asseblief met my in verbinding in ver- band met ’n gratis tuisbybelstudie.
[Prent op bladsy 32]
Graciela en haar gesin