Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

‘Die beste oor die onderwerp’

‘Die beste oor die onderwerp’

‘Die beste oor die onderwerp’

DIT was die mening van ’n Lutherse onderwyser van San Diego, Kalifornië, VSA, nadat hy die boek Die mensdom se soeke na God ontvang het. Hy het die volgende briefie geskryf om dankie te sê.

“Ek waardeer die tyd wat julle geneem het en die moeite wat julle gedoen het om aan my te verduidelik hoe die Getuies hierdie mal wêreld beskou waarin ons lewe. Ek het die inligting oor die mensdom se soeke na God ’n paar keer gelees. Dit is die beste inligting wat ek nog oor die onderwerp gelees het. Ek het miskien nie ons Lutherse lektuur bestudeer soos ek moes nie, maar dit lyk of die lektuur van die Getuies, wat julle so gaaf was om vir my te gee, baie beter is as die lektuur wat ek al van ons [kerk] gesien het. Ek bedank julle vir julle voortgesette belangstelling in my geestelike welsyn.”

Die mensdom se soeke na God het hoofstukke oor mitologie, die toorkuns en spiritisme, Hindoeïsme, Boeddhisme, Taoïsme en Confucianisme, Sjintoïsme, Judaïsme, die Christelike godsdiens en Islam. Dit verduidelik ook hoe om God te aanbid op die manier wat hy goedkeur. Jy kan ’n eksemplaar van hierdie boek met 384 bladsye aanvra deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Die mensdom se soeke na God by my af.

Dui taalvoorkeur aan.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.