‘Ek is dol oor julle tydskrifte’
‘Ek is dol oor julle tydskrifte’
’n Brief wat onlangs deur die Wagtoringgenootskap se takkantoor in Duitsland ontvang is, het gedeeltelik gesê:
“Ek moet erken dat ek dol oor julle tydskrifte is. Elke jaar is dit dieselfde storie. Net voordat ek met vakansie gaan, besluit ek om die laaste twee eksemplare te hou om op die strand te lees. Klaar besluit!
“Maar sodra ek hulle in die hande kry, begin die probleem. Ek kyk net vlugtig na die inhoudsopgawe. A, ’n lewensverhaal! Wel, miskien sal ek dit net lees om my aptyt te wek, en niks meer nie. Ag, maar die volgende artikel lyk so interessant. Dis genoeg vir eers! Ek wil die tydskrifte gedurende my vakansie lees. Ag wat, nog net een artikel. En die nuusbrokkies in “Ons beskou die wêreld” is altyd so leersaam! Uiteindelik, soos jy jou kan voorstel, is daar nie een artikel oor teen die tyd dat ek by die strand aankom nie.”
Die aantrekkingskrag van die Ontwaak! kan gesien word uit die feit dat ongeveer 20 300 000 eksemplare van elke nommer in 82 tale gedruk word. Lesers geniet die tydskrif se positiewe uitkyk. “Waarom Ontwaak! gepubliseer word”, wat in elke nommer verskyn, verduidelik: “Hierdie tydskrif bou bowenal vertroue op in die Skepper se belofte van ’n vreedsame en veilige nuwe wêreld.”
Tog vra baie: ‘Waarom laat God lyding al so lank toe?’ Hierdie vraag word beantwoord in die brosjure Gee God werklik vir ons om? Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die brosjure Gee God werklik vir ons om? by my af.
Dui taalvoorkeur aan
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.