Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Floreer te midde van teëspoed

Floreer te midde van teëspoed

Floreer te midde van teëspoed

Soos daar in die Bybel voorspel word, lewe ons in “kritieke tye . . . wat moeilik is om deur te kom” (2 Timoteus 3:1). Krisisse in die familie, gesondheidsprobleme en finansiële druk is net van die moeilikhede wat jou kan teister. Soms voel jy dalk dat jy dit nie langer kan uithou nie. Maar jy kan te midde van teëspoed floreer. Beskou die volgende illustrasie.

Die Teide-viooltjie groei op ’n hoogte van amper 3 700 meter op die eiland Teneriffe naby die kus van Noord-Afrika. Pico de Teide, die vulkaniese spits waarna die viooltjie vernoem is, troon oor die subtropiese eiland. Dit lyk asof daar geen plantegroei op die boonste hange is nie. Maar in die lente voorsien die smeltende sneeu net genoeg water om hierdie taai viooltjies weer te laat herlewe en die nek van die vulkaan met ’n pers sierkrans te bedek. Ja, hierdie blom lyk dalk fyn en delikaat, maar dit kan oorleef en selfs floreer in hierdie onvrugbare, dorre omgewing.

Soos die Teide-viooltjie kan jy ook te midde van ongunstige omstandighede volhard. Die Bybel het baie van Jehovah se Getuies gehelp om dit selfs in die moeilikste tye te doen. Dié van hulle wat byvoorbeeld in konsentrasiekampe in Nazi-Duitsland gevange gehou is, het dit reggekry om te floreer. “Hulle is erger behandel as enige ander groep”, sê die Sweedse joernalis Björn Hallström, “maar weens hulle geloof in God het hulle beter as enige van die ander daardeur gekom.”

In watter situasie jy jou ook al bevind, die Bybel kan jou help om te midde van teëspoed te floreer. Tree gerus met Jehovah se Getuies in jou gemeenskap in aanraking, of skryf na die adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif vir ’n gratis tuisbybelstudie.