VOORBLADONDERWERP
’n Unieke webwerf
LEES die Bybel in sowat 50 tale en Bybelse inligting in meer as 500 tale.
SIEN inligting in amper 70 gebaretale.
DEURSOEK die webwerf in honderde tale.
LUISTER na klankdramas oor opwindende gebeure in die Bybel.
LEEF jou in Bybelverslae in met behulp van prenteverhale.
KYK na Bybeldramas en -video’s wat jou sal help om uitdagings in die lewe die hoof te bied.
LAAI e-boeke, tydskrifartikels en oudiolêers gratis af.
DOEN navorsing oor verskeie onderwerpe met behulp van die Wagtoring—AANLYN BIBLIOTEEK, wat die sleutel tot ’n skat van inligting is en in meer as 100 tale beskikbaar is.
VIR EGPARE
“Ek wil hê dat my gesin gelukkig moet wees. Ek en my vrou gaan deur ’n moeilike tyd, veral vandat ons kinders het. Ons sal hulp baie waardeer”
DIE BYBEL SÊ:
“Deur wysheid sal ’n huisgesin opgebou word, en deur onderskeidingsvermoë sal dit stewig gevestig word.”—Spreuke 24:3.
NUTTIGE KENMERKE VAN DIE WEBWERF
Die “Egpare & ouers”-deel kan jou help om uitdagings soos die volgende die hoof te bied:
Die eerste huweliksjaar
Verhoudings met skoonouers
Die dissiplinering van kinders
Stryery
Geldelike probleme
(Kyk onder BYBELLERINGE > EGPARE & OUERS)
Die geheim van gesinsgeluk is ’n boek wat ’n groot verskeidenheid onderwerpe oor gesinslewe bespreek, van voorbereiding vir die huwelik terwyl jy ongetroud is tot die versorging van bejaarde ouers.
(Kyk onder PUBLIKASIES > BOEKE & BROSJURES)
VIR OUERS
“Niks is vir my belangriker as my kinders nie. Ek wil hê dat hulle volwassenes moet word op wie ek trots kan wees”
DIE BYBEL SÊ:
“Lei ’n seun op volgens die weg vir hom; ook as hy oud word, sal hy nie daarvan afwyk nie.”—Spreuke 22:6.
NUTTIGE KENMERKE VAN DIE WEBWERF
Die “Kinders”-deel bevat Bybelse prenteverhale, pret met prente, video’s en Bybellesse wat jou kan help om jou kinders te leer om . . .
gehoorsaam te wees
goed te doen aan ander
met mekaar oor die weg te kom
“dankie” te sê
(Kyk onder BYBELLERINGE > KINDERS)
My boek met Bybelverhale en Leer by die Groot Onderwyser is boeke met pragtige prente waaruit jy vir jou kinders kan lees.
(Kyk onder PUBLIKASIES > BOEKE & BROSJURES)
VIR TIENERS
“Ek wil graag weet wat om te doen as ek probleme het by die skool, met my ouers, met my vriende en met die teenoorgestelde geslag. Ek is nie meer ’n kind nie, en daarom wil ek nie hê dat iemand vir my moet preek nie”
DIE BYBEL SÊ:
“Verbly jou, jong man, in jou jeug, en laat jou hart aan jou goed doen in die dae van jou jonkheid.”—Prediker 11:9.
NUTTIGE KENMERKE VAN DIE WEBWERF
Die “Tieners”-deel bevat artikels en video’s wat jou kan help . . .
as jy eensaam is
as jy probleme by die skool het
as jy ’n huisreël oortree het
as jy afgeknou of seksueel geteister word
(Kyk onder BYBELLERINGE > TIENERS)
Deel 1 en 2 van Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk bespreek 77 belangrike vrae wat dikwels gevra word.
(Kyk onder PUBLIKASIES > BOEKE & BROSJURES)
VIR MENSE WAT OOR DIE BYBEL WIL LEER
“Ek wil graag die Bybel verstaan. Maar waar begin ’n mens?”
DIE BYBEL SÊ:
“Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om te onderrig.”—2 Timoteus 3:16.
NUTTIGE KENMERKE VAN DIE WEBWERF
Die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif is ’n akkurate Bybelvertaling wat maklik is om te lees.
(Kyk onder PUBLIKASIES > BYBEL)
Die “Antwoorde op Bybelvrae”-deel gee duidelike antwoorde op vrae wat wissel van “Waarom het God die Nazi-slagting toegelaat?” tot “Wanneer is Jesus gebore?”
(Kyk onder BYBELLERINGE > ANTWOORDE OP BYBELVRAE)
Die “Vra ’n gratis Bybelstudie aan”-blad maak dit vir jou moontlik om ’n gratis Bybelstudiekursus aan te vra.
(Klik op die “Vra ’n Bybelstudie aan”-skakel op die tuisblad)
“Ek het opgehou om die Bybel te lees omdat ek dit nie kon verstaan nie. Maar toe ek dit met behulp van die boek ‘Wat leer die Bybel werklik?’ bestudeer het, was ek verbaas oor hoe maklik verstaanbaar en duidelik die Bybel is.”—Christina.
Elke dag besoek sowat 700 000 mense jw.org. Jy kan dit gerus ook besoek.