Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

ONS BESKOU DIE WÊRELD

Asië in die kollig

Asië in die kollig

Asië is die vasteland met die grootste bevolking. Meer as ’n derde van die wêreld se bevolking woon in China en Indië alleen. Met watter uitdagings het Asiatiese nasies te kampe wanneer dit kom by die opvoeding en beskerming van hulle burgers?

Opvoeding beskerm kinders

Die moontlikheid dat kinders gemolesteer sal word, is groter wanneer hulle ouers versuim om hulle op ’n vroeë ouderdom oor seks te leer, sê Chinese regsgeleerdes. Aanklaers in China het in ’n onlangse tydperk van vier jaar sowat 8 000 aanklagte van kindermolestering behartig. Kinders “is kwesbaar en word maklik ’n teiken”, sê ’n regsprofessor aan Beijing se Normale Universiteit. “Opvoeding is die sleutel om seksuele aanranding te voorkom.”

WAT DIE BYBEL SÊ: Wyse ouers leer hulle kinders hoe om hulleself te beskerm teen “die mens wat verdorwe dinge spreek”.—Spreuke 2:1, 10-12.

Sterftes ná tifone

Volgens ’n studie is die gemiddelde aantal babadogtertjies wat in die Filippyne in die jaar ’n tifoon sterf, sowat 15 keer groter as die aantal mense wat volgens berig in die storm self sterf. Moontlike faktore sluit werkloosheid ná ’n storm in, asook die koste om ’n huis te herbou en die manier waarop middele aan babadogtertjies toegeken word, insluitende voeding en gesondheidsorg.

WAT DIE BYBEL SÊ: ‘Deel jou brood uit aan die een wat honger is, bring die geteisterde en daklose in jou huis in en bedek iemand as jy sien dat hy naak is.’—Jesaja 58:7.

Selfmoord onder bejaardes in Suid-Korea

In 2011 is meer as ’n kwart van alle selfmoorde in Suid-Korea deur mense van 65 jaar en ouer gepleeg. Party navorsers skryf dit toe aan veranderende gesindhede teenoor die versorging van bejaardes en ekonomiese faktore—byna 50 persent van die bejaardes in Suid-Korea lewe in betreklike armoede. Minder as die helfte van die mense in Suid-Korea meen nou dat kinders na hulle bejaarde ouers moet omsien.

WAT DIE BYBEL SÊ: “Eer jou vader en jou moeder.”—Efesiërs 6:2.