Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Hoekom kry ons swaar, word ons oud en sterf ons?

Hoekom kry ons swaar, word ons oud en sterf ons?

Ons Skepper beskou ons as sy kinders. Daarom wil hy nie hê ons moet swaarkry nie. Tog kry baie mense swaar. Hoekom is dit die geval?

Die eerste twee mense op aarde het veroorsaak dat ons swaarkry

“Sonde het . . . deur een mens in die wêreld ingekom en die dood deur die sonde, en die dood het so na alle mense versprei.” – ROMEINE 5:12.

Toe God vir Adam en Eva, die eerste twee mense op aarde, geskep het, het hy vir hulle ’n volmaakte verstand en liggaam gegee. Hy het hulle ook ’n paradystuiste op aarde gegee, die tuin van Eden. Hy het vir hulle gesê dat hulle van al die bome in die tuin, behalwe een, mag eet. Maar Adam en Eva het gekies om van die vrugte van daardie boom te eet, en dit was ’n sonde (Genesis 2:15-17; 3:1-19). Omdat hulle ongehoorsaam was aan God, het hy hulle uit die tuin gesit. Hulle lewe het toe moeilik geword. Later het hulle kinders gehad, en die lewe was vir hulle ook moeilik. Hulle almal het oud geword en gesterf (Genesis 3:23; 5:5). Ons word siek, word oud en sterf omdat ons van Adam en Eva af kom.

Ons kry swaar as gevolg van slegte engele

“Die hele wêreld is in die mag van die Duiwel.” – 1 JOHANNES 5:19.

“Die Duiwel” word ook Satan genoem. Hy is ’n onsigbare engel wat teen God gedraai het (Johannes 8:44; Openbaring 12:9). Later het ander engele dieselfde gedoen en Satan gevolg. Hulle word demone genoem. Hierdie demone gebruik hulle krag om mense te mislei sodat hulle ongehoorsaam aan die Skepper is. Hulle beïnvloed baie mense om slegte dinge te doen (Psalm 106:35-38; 1 Timoteus 4:1). Satan en die demone hou daarvan om mense seer te maak en hulle te laat swaarkry.

Soms is dit ons eie skuld dat ons swaarkry

“Wat ’n mens saai, dit sal hy ook oes.” – GALASIËRS 6:7.

Ons almal kry swaar op verskillende maniere as gevolg van oorgeërfde sonde en Satan se invloed op die wêreld om ons. Maar soms maak mense hulle eie lewe moeiliker. Hoe? Wanneer hulle slegte dinge doen of dom besluite maak, het dit baie keer slegte gevolge. Maar wanneer mense goeie dinge doen, het dit goeie resultate. Byvoorbeeld, dit sal goed gaan met ’n man en pa wat eerlik is, hard werk en lief is vir sy gesin, en hy sal hulle gelukkig maak. Maar ’n man en pa wat dobbel, te veel drink of wat lui is, kan homself en sy gesin arm maak. So dit sal wys van ons wees om na ons Skepper te luister. Hy wil hê dat dit goed moet gaan met ons en dat ons “oorvloedige vrede” moet hê. – Psalm 119:165.

Ons lewe in “die laaste dae”

‘In die laaste dae sal mense selfsugtig wees, geldgierig wees, ongehoorsaam wees aan hulle ouers en geen selfbeheersing hê nie. Hulle sal wreed wees en sonder liefde vir wat goed is.’ – 2 TIMOTEUS 3:1-5.

Vandag tree baie mense op net soos hierdie woorde voorspel het. Hulle gedrag bewys dat ons in “die laaste dae” van hierdie wêreld lewe. Die Skrif het ook voorspel dat ons tyd gekenmerk sou word deur oorloë, voedseltekorte, groot aardbewings en siektes (Matteus 24:3, 7, 8; Lukas 21:10, 11). Hierdie dinge veroorsaak dat baie mense swaarkry en sterf.