VIR GETROUDES
2: Spanwerk
WAT DIT BETEKEN
As ’n man en vrou spanmaats is, is hulle soos twee vlieëniers wat saamwerk en dieselfde instruksies volg. Selfs al is daar probleme, sal hulle nie dink aan hoe “ek” dit kan oplos nie, maar eerder aan hoe “ons” dit kan oplos.
BYBELWAARHEID: “Sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.” — Matteus 19:6.
“Die huwelik is ’n spanpoging. ’n Man en vrou moet saamwerk as hulle suksesvol wil wees.” — Christopher.
HOEKOM DIT BELANGRIK IS
Wanneer daar probleme is, sal ’n man en vrou wat nie ’n span is nie, eerder mekaar aanvat as die probleem. Deur met mekaar te stry, sal hulle dan ’n groot ding van iets kleins maak.
“Spanwerk is waaroor die huwelik gaan. As ek en my man nie spanmaats is nie, sal ons soos twee mense wees wat onder dieselfde dak bly, maar aparte lewens lei. En wanneer ons belangrike besluite moet maak, sal ons nie op dieselfde blaadjie wees nie.” — Alexandra.
WAT JULLE KAN DOEN
’N TOETS VIR JOU
-
Voel ek dat die geld waarvoor ek gewerk het “net myne” is?
-
Moet ek weg van my maat af wees om heeltemal te kan ontspan?
-
Vermy ek my maat se familie, al is hy of sy na aan hulle?
’N TOETS VIR JULLE
-
Watter dinge doen ons as ’n span goed saam?
-
Watter dinge kan ons beter doen?
-
Hoe kan ons die spangees tussen ons verbeter?
PROBEER DIE VOLGENDE
-
Stel jou voor dat jy en jou maat ’n tenniswedstryd teen mekaar speel. Wat kan julle doen om aan dieselfde kant van die net te kom sodat julle eerder as ’n span saam teen julle probleme kan speel?
-
Moenie dink aan hoe “ek” kan wen nie, dink eerder aan hoe “ons altwee” kan wen
“Vergeet van wie reg of verkeerd is. Wat regtig belangrik is, is dat daar vrede en eenheid in julle huwelik is.” — Ethan.
BYBELWAARHEID: “Terwyl julle nie uit persoonlike belangstelling ’n oog op net julle eie sake hou nie, maar ook uit persoonlike belangstelling op dié van die ander.” — Filippense 2:3, 4.