VIR GETROUDES
1: Vir altyd
WAT DIT BETEKEN
’n Man en vrou wat trou en belowe om “vir altyd” bymekaar te bly, sien hulle huwelik as permanent. Dit laat hulle dan veilig by mekaar voel. Altwee weet dat hulle maat hulle nie sal los nie, selfs al raak dinge moeilik.
Party wat nie gelukkig getroud is nie, bly maar net bymekaar omdat hulle bang is vir wat hulle familie of vriende sal sê as hulle skei. Maar dit is soveel beter om vir altyd bymekaar te bly omdat julle mekaar liefhet en respekteer.
BYBELWAARHEID: “’n Man moet sy vrou nie verlaat nie.” — 1 Korintiërs 7:11.
“As jy jou huwelik as permanent sien, sal jy nie vinnig kwaad word nie. Jy sal eerder vinnig vergewe en vinnig jammer sê. Jy sal nie julle probleme as berge sien nie, maar eerder as molshope.” — Micah.
HOEKOM DIT BELANGRIK IS
As paartjies nie hulle huwelik as ’n permanente reëling sien nie, sal hulle makliker opgee en wil skei as daar probleme opkom. Hulle gebruik dalk die verskoning: ‘Ons is net nie vir mekaar bedoel nie.’
“Baie mense wat trou, dink dat hulle sommer net kan skei as dinge nie uitwerk nie. As mense al van hulle troudag af dink dat skei ’n opsie is, is dit amper asof hulle klaar besluit het dat hulle nie vir altyd bymekaar gaan bly nie.” — Jean.
WAT JULLE KAN DOEN
’N TOETS VIR JOU
Wanneer ons stry . . .
-
Is ek spyt dat ons getrou het?
-
Wens ek partykeer dat ek saam met iemand anders kan wees?
-
Sê ek dalk dinge soos: “Ek gaan jou los” of “Ek gaan iemand kry wat my waardeer”?
As jou antwoord op enige van hierdie vrae ‘Ja’ is, moet jy so gou as moontlik dinge probeer regmaak.
’N TOETS VIR JULLE
-
Voel julle nog steeds dat julle vir altyd bymekaar wil bly? As die antwoord ‘Nee’ is, hoekom nie?
-
Wat kan ons nóú doen om ons verhouding sterker te maak?
PROBEER DIE VOLGENDE
-
Skryf nou en dan ’n briefie vir mekaar
-
Wys vir ander dat jou hart aan jou maat behoort deur foto’s van jou maat by die werk te hou
-
Bel jou maat elke dag wanneer julle by die werk is of nie bymekaar is nie
BYBELWAARHEID: “Wat God dan onder een juk saamgevoeg het, moet geen mens skei nie.” — Matteus 19:6.