Sien ander se goeie punte raak
Die probleem
Egotisme kan diskriminasie veroorsaak. ’n Egotistiese persoon dink te veel van homself. Hy beskou homself as beter as ander en oordeel mense wat anders as hy is en kyk neer op hulle. Enigiemand kan in hierdie strik trap. Die Encyclopædia Britannica sê: “Die meeste [kultuur-] groepe voel dat hulle manier van lewe beter is as ander groepe. Dit sluit hulle kos, kleredrag, gewoontes, oortuigings, waardes, ensovoorts in.” Hoe kan ons hierdie verkeerde manier van dink vermy?
Bybelwaarheid
“Wees nederig en beskou ander as hoër as julleself.” – FILIPPENSE 2:3.
Wat beteken dit? As ons dit wil vermy om te veel van onsself te dink, moet ons leer om nederig te wees. Nederigheid help ons om te besef dat ander beter as ons is in party aspekte van die lewe. Daar is nie een groep mense wat net goeie eienskappe en vermoëns het nie.
Kyk na die voorbeeld van Stefan. Hy het grootgeword in ’n Kommunistiese land, maar hy het gevoelens van diskriminasie oorkom teen mense wat nie in Kommunistiese lande woon nie. Hy sê: “Ek glo dat as jy ander hoër
as jouself beskou, help dit jou om nie teen hulle te diskrimineer nie. Ek weet nie alles nie. Ek kan iets by almal leer.”Wat jy kan doen
Probeer om ’n realistiese beskouing van jouself te hê en besef dat jy foute maak. Erken dat ander party dinge beter as jy kan doen. Moenie net aanneem dat almal van ’n sekere groep dieselfde swakhede het nie.
In plaas daarvan om ’n negatiewe opinie te hê van ’n persoon wat van ’n spesifieke groep is, vra jou af:
Erken dat ander party dinge beter as jy kan doen
-
‘As die persoon eienskappe het waarvan ek nie hou nie, is daardie eienskappe sleg of is dit net anders?’
-
‘Kan hierdie persoon foute in my vind?’
-
‘Op watter gebiede is hierdie persoon beter as ek?’
As jy hierdie vrae eerlik antwoord, sal dit jou nie net help om enige diskriminasie te oorkom nie. Dit sal jou dalk ook help om dinge te vind waarvan jy in die persoon hou.