Jou keuse van beginsels
Jou keuse van beginsels
IS JY ’n beginselvaste persoon? Of beskou jy sedelike norme as ietwat outyds? Feit is, elkeen word deur sekere beginsels gerig, wat vir hom of haar belangrik is. Volgens The New Shorter Oxford English Dictionary kan ’n beginsel gedefinieer word as “’n persoonlike kode vir korrekte optrede”. Beginsels beïnvloed ons besluite en bepaal watter rigting ons in die lewe inslaan. Beginsels kan soos ’n kompas wees.
Jesus het sy volgelinge byvoorbeeld aangespoor om die Gulde Reël toe te pas, wat in Matteus 7:12 gevind word: “Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook net so aan hulle doen.” Volgelinge van Confucius hou by die beginsels li en jen, wat eienskappe soos goedhartigheid, nederigheid, respek en lojaliteit beklemtoon. Selfs mense wat nie godsdienstig is nie, het sekere voorkeure of riglyne wat hulle gedrag bepaal.
Watter soort beginsels?
Dit is egter belangrik om te onthou dat beginsels goed of sleg kan wees. ’n Toenemende aantal mense word byvoorbeeld die afgelope dekade of wat aangedryf deur wat die “ek eerste”-gesindheid genoem word. Hoewel baie mense dalk nie die uitdrukking ken nie of meen dat dit nie op hulle van toepassing is nie, is “ek eerste” ’n beginsel wat outomaties gevolg word, dit wil sê ’n gedragsreël waarop baie terugval wanneer hulle hoë gedragstandaarde die rug toekeer. Hoe die “ek eerste”-gesindheid ook al beskryf word, dit is ’n blyk van selfsug, wat dikwels met sinnelose materialisme gepaardgaan. “Ons het net twee beginsels”, het die bestuurder van ’n TV-stasie in China gesê. “Die een is om in die aanvraag te voorsien. Die ander is om geld te maak.”
Die “ek eerste”-gesindheid kan soos ’n magneet wees. En watter uitwerking het ’n magneet op ’n kompas? Wanneer die twee langs mekaar lê, wys die kompasnaald in die verkeerde rigting. Net so kan die “ek eerste”-gesindheid iemand se sedelike kompas, of kode vir die regte gedrag, heeltemal verwar deur alles ondergeskik te maak aan sy begeertes.
Sal dit jou verbaas om te hoor dat die “ek eerste”-gesindheid nie ’n moderne verskynsel is nie? Hierdie lewensbenadering het in die tuin van Eden begin toe ons eerste ouers die gedragstandaard wat deur ons Skepper neergelê is, verwerp het. Dit het hulle sedelike kompas gewysig. As nakomelinge van Adam en Eva is mense met hierdie selfde lewensbenadering belas, wat in onlangser tye as die “ek eerste”-gesindheid beskryf word.—Genesis 3:6-8, 12.
Dit is duidelik dat hierdie gesindheid veral vererger het gedurende die tydperk wat Bybelprofesie “die laaste dae” noem, wat gekenmerk word deur “kritieke tye . . . wat moeilik is om deur te kom”. Baie mense is “liefhebbers 2 Timoteus 3:1-5.
van hulleself”. Geen wonder dat daar druk op ons uitgeoefen word om die “ek eerste”-gesindheid na te volg nie.—Jy stem moontlik saam met ’n jong man genaamd Olaf wat aan ’n Europese takkantoor van Jehovah se Getuies geskryf het: “Dit is baie moeilik om sedelik onberispelik te bly, veral vir ons as jongmense. Hou asseblief aan om ons te herinner hoe belangrik dit is om by Bybelbeginsels te bly.”
Olaf het skerpsinnigheid geopenbaar. Goddelike beginsels kan ons—jonk of oud—help om by hoë gedragstandaarde te bly. Dit kan ons ook in staat stel om die “ek eerste”-gesindheid, of dit as sodanig beskou word of nie, te weerstaan. As jy graag meer wil leer oor hoe Bybelbeginsels jou werklik kan help, kan jy gerus die volgende artikel lees.
[Prente op bladsy 4]
Vandag neem baie mense die behoeftes van ander glad nie in ag nie