Die tyd om ’n vertroulike saak te openbaar
Die tyd om ’n vertroulike saak te openbaar
Soms beteken dit die verskil tussen vrede en onenigheid as sekere sake vertroulik gehou word. Maar is daar ’n tyd om ’n vertroulike saak te openbaar? Let op na die profeet Amos se woorde in verband met sy God: “Die Soewereine Heer Jehovah sal niks doen tensy hy sy vertroulike saak aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie” (Amos 3:7). Uit hierdie woorde kan ons iets in verband met vertroulikheid aflei. Jehovah hou soms sekere sake ’n tyd lank geheim en openbaar dit dan eindelik aan sekere persone. Hoe kan ons Jehovah in hierdie opsig navolg?
Soms vind die aangestelde herders in die Christengemeente dat dit beter is om ’n sekere saak nie te openbaar nie (Handelinge 20:28). Miskien besluit hulle byvoorbeeld dat dit in die belang van die gemeente is om die besonderhede oor sekere reëlings of veranderinge in gemeentelike verantwoordelikhede tot op ’n sekere tyd as vertroulik te behandel.
In so ’n geval is dit egter belangrik dat diegene wat by die saak betrokke is, weet of die saak bekend gemaak gaan word, asook wanneer en hoe dit gedoen gaan word. As hulle weet wanneer die saak openbaar gemaak gaan word, sal dit hulle moontlik help om vertroulikheid te handhaaf.—Spreuke 25:9.