‘Gaan voort om jou toe te lê op onderrigting’
‘Gaan voort om jou toe te lê op onderrigting’
“JULLE spreek my aan as ‘Leermeester’ en ‘Here’, en julle sê dit tereg, want ek is dit” (Joh. 13:13). Met hierdie woorde aan sy dissipels het Jesus sy rol as onderrigter beklemtoon. En kort voordat Jesus na die hemel opgevaar het, het hy sy volgelinge beveel: “Gaan dus en maak dissipels van mense van al die nasies, . . . en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het” (Matt. 28:19, 20). Later het die apostel Paulus ook beklemtoon hoe belangrik dit is om onderrigters van God se Woord te wees. Hy het die Christen- ouer man Timoteus vermaan: “[Gaan voort] om jou toe te lê op openbare voorlesing, op vermaning, op onderrigting. . . . Peins oor hierdie dinge; wees verdiep daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees.”—1 Tim. 4:13-15.
Soos destyds, is onderrigting vandag ’n vername kenmerk van ons veldbediening sowel as ons Christelike vergaderinge. Hoe kan ons voortgaan om ons toe te lê op onderrigting, en op watter maniere sal dit ons help om vooruitgang te maak as onderrigters van God se Woord?
Volg die Groot Leermeester na
Jesus se manier van onderrigting het by baie van sy toehoorders byval gevind. Let op die uitwerking van sy woorde op dié wat by die sinagoge in Nasaret vergader het. Die Evangelieskrywer Lukas het opgeteken: “Hulle het almal begin om ’n gunstige getuienis aangaande hom te gee en om hulle te verwonder oor die innemende woorde wat uit sy mond kom” (Luk. 4:22). Jesus se dissipels het hulle Heer se voorbeeld in hulle predikingswerk gevolg. Trouens, die apostel Paulus het sy mede-Christene aangespoor: “Word navolgers van my, net soos ek dit van Christus is” (1 Kor. 11:1). Omdat Paulus die metodes van Jesus nagevolg het, het hy uiters bedrewe daarin geword om “in die openbaar en van huis tot huis te leer”.—Hand. 20:20.
Onderrigting “op die markplein”
’n Uitsonderlike voorbeeld van Paulus se vermoë om in die openbaar te getuig, word in Handelinge hoofstuk 17 gevind. Daar lees ons van sy besoek aan Atene, Griekeland. Oral waar Paulus in daardie stad gekyk het—op straat, op openbare plekke—was daar afgode. Dit is geen wonder dat Paulus hoogs ontsteld was nie! Maar hy het nie toegelaat dat sy emosies hom oormeester nie. Hy het eerder “in die sinagoge . . . begin redeneer, en elke dag op die markplein met dié wat daar was” (Hand. 17:16, 17). Wat ’n uitstekende voorbeeld vir ons! As ons mense uit alle agtergronde, nie op ’n veroordelende manier nie, maar op ’n respekvolle manier nader, kan dit daartoe lei dat party luister en uiteindelik wegbreek van slawerny aan valse godsdiens.—Hand. 10:34, 35; Op. 18:4.
Paulus het voor ’n intimiderende gehoor op die markplein te staan gekom. Onder sy toehoorders was filosowe wie se opvattings strydig was met die waarhede wat hy verkondig het. Toe hulle met Paulus begin stry het, het hy hulle menings in aanmerking geneem. Party het hom ’n “babbelaar” (letterlik ’n “saadpikker”) genoem. Ander het gesê: “Dit lyk of hy ’n verkondiger van vreemde gode is.”—Hand. 17:18.
Maar Paulus is nie deur die neerhalende aanmerkings van sy toehoorders ontmoedig nie. Inteendeel, toe hy gevra is om sy leringe te verduidelik, het Paulus die geleentheid aangegryp om ’n insiggewende toespraak te hou wat Hand. 17:19-22; 1 Pet. 3:15). Kom ons kyk na sy toespraak in fyner besonderhede om te sien wat ons daaruit kan leer om ons onderrigvaardighede te verbeter.
’n duidelike bewys van sy onderrigvaardighede was (Vind gemeenskaplike grond
Paulus het gesê: “Manne van Atene, ek sien dat julle in alles blykbaar meer tot die vrees vir die gode geneig is as ander. Terwyl ek . . . julle voorwerpe van verering sorgvuldig waargeneem het, het ek byvoorbeeld ook ’n altaar gevind waarop gegraveer is: ‘Aan ’n Onbekende God.’ Waaraan julle dan nou onwetend godvrugtige toegewydheid betoon, dít verkondig ek aan julle.”—Hand. 17:22, 23.
Paulus het noukeurig gelet op sy omgewing. Uit wat hy sorgvuldig waargeneem het, het hy baie omtrent sy gehoor geleer. Ons kan ook iets omtrent ’n huisbewoner uitvind as ons oplettend is. As daar byvoorbeeld speelgoed op die werf lê of tekens aan ’n deur is, sê dit baie. As ons ’n idee het van wat die huisbewoner se omstandighede dalk is, kan ons besluit wat ons gaan sê en ook hoe ons dit gaan sê.—Kol. 4:6.
Paulus het sy boodskap positief gehou. Maar hy het gevind dat die “godvrugtige toegewydheid” van die Ateners misplaas was. Paulus het duidelik getoon hoe hulle hulle aanbidding tot die ware God kon rig (1 Kor. 14:8). Hoe belangrik is dit tog vir ons om die goeie nuus van die Koninkryk op ’n duidelike en positiewe manier te verkondig!
Wees taktvol en onpartydig
Paulus het verder gesê: “Die God wat die wêreld en alles daarin gemaak het, die Een wat Here van hemel en aarde is, woon nie in handgemaakte tempels nie, en ook word hy nie deur mensehande bedien asof hy enigiets nodig het nie, omdat hy self aan almal lewe en asem en alles gee.”—Hand. 17:24, 25.
Paulus het hier die aandag op Jehovah as ons Lewegewer gevestig, maar hy dit taktvol gedoen deur na Hom te verwys as “Here van hemel en aarde”. Wat ’n voorreg is dit tog om opregtes van hart uit verskillende godsdiens- en kulturele agtergronde te help om tot die besef te kom dat Jehovah God die bron van alle lewe is!—Ps. 36:9.
Daarna het Paulus gesê: “En hy het uit een mens elke nasie van die mense gemaak, . . . en hy het die vasgestelde tye en die bepaalde grense van die woonplek van die mense verorden, sodat hulle God sou soek, indien hulle na hom sou tas en hom werklik sou vind, hoewel hy eintlik nie ver van elkeen van ons af is nie.”—Hand. 17:26, 27.
Deur die manier waarop ons onderrig, kan ons toon watter soort God ons aanbid. Sonder enige partydigheid laat Jehovah mense uit alle nasies toe om “na hom [te] tas en hom werklik [te] vind”. Ons praat eweneens sonder partydigheid met almal wat ons teëkom. Ons probeer diegene wat aan ’n Skepper glo, help om ’n hegte verhouding met hom op te bou wat tot ewige seëninge kan lei (Jak. 4:8). Maar hoe help ons dié wat twyfel aan God se bestaan? Ons volg Paulus se voorbeeld. Let op wat hy vervolgens gesê het.
“Deur hom het ons lewe en beweeg en bestaan ons, soos ook sommige van die digters onder julle gesê het: ‘Want ons is ook sy nakomelinge.’ Aangesien ons dan die nakomelinge Hand. 17:28, 29.
van God is, moet ons nie dink dat die Goddelike Wese gelyk is aan goud of silwer of klip nie.”—Paulus het hier ’n horende oor probeer vind deur digters aan te haal wat die Ateners geken en aanvaar het. Ons probeer eweneens gemeenskaplike grond vind deur te redeneer oor wat ons weet ons toehoorders sal aanvaar. Byvoorbeeld, Paulus se illustrasie in sy brief aan die Hebreërs is vandag nog net so oortuigend: “Elke huis word natuurlik deur iemand gebou, maar hy wat alles gebou het, is God” (Heb. 3:4). As ons ons huisbewoners sover kan kry om oor hierdie eenvoudige illustrasie te redeneer, kan dit hulle help om te erken dat wat ons sê, waar is. Let op nog ’n element van doeltreffende onderrigting wat in Paulus se toespraak na vore kom—aansporing.
Beklemtoon die dringendheid
Paulus het gesê: “God het weliswaar die tye van sulke onkunde oorgesien, maar nou sê hy vir die mensdom dat hulle almal oral berou moet hê. Want hy het ’n dag vasgestel waarop hy van voorneme is om die bewoonde aarde in regverdigheid te oordeel deur ’n man wat hy aangestel het.”—Hand. 17:30, 31.
God se tydelike toelating van goddeloosheid het ons almal die geleentheid gegee om aan hom te toon wat werklik in ons hart is. Dit is noodsaaklik dat ons die dringendheid van ons tye beklemtoon en dat ons met oortuiging praat oor die seëninge van die Koninkryksheerskappy, wat nou so naby is.—2 Tim. 3:1-5.
Verskillende reaksies
“Wel, toe hulle van ’n opstanding van die dooies hoor, het party die spot begin dryf, terwyl ander gesê het: ‘Ons sal jou weer hieroor hoor.’ So het Paulus uit hulle midde weggegaan, maar party manne het by hom aangesluit en gelowiges geword.”—Hand. 17:32-34.
Party reageer onmiddellik op ons onderrigting; ander het dalk meer tyd nodig om deur ons redenering oortuig te word. Maar wanneer ons deur ons duidelike en eenvoudige verduideliking van die waarheid selfs net een persoon help om tot ’n juiste kennis van Jehovah te kom, kan ons baie dankbaar wees dat ons deur God gebruik word om mense na sy Seun te trek!—Joh. 6:44.
Lesse wat ons kan leer
Wanneer ons oor Paulus se toespraak nadink, kan ons baie leer oor hoe ons Bybelwaarhede aan ander kan verduidelik. As ons die voorreg het om openbare toesprake in die gemeente te hou, kan ons daarna streef om Paulus na te volg deur taktvolle woorde te gebruik wat ’n ongelowige sal help om Bybelwaarhede te verstaan en te aanvaar. Ons wil sulke waarhede duidelik oordra, maar versigtig wees dat ons nie die oortuigings van enige ongelowige in die gehoor verkleineer nie. Terselfdertyd probeer ons om in ons openbare predikingswerk oortuigend en taktvol te wees. As ons dit doen, volg ons waarlik Paulus se raad om ons ‘toe te lê op onderrigting’.
[Prent op bladsy 30]
Paulus se onderrigting was duidelik, eenvoudig en taktvol
[Prent op bladsy 31]
Ons volg Paulus na deur die gevoelens van dié vir wie ons getuig, in aanmerking te neem