Vrae van lesers
Hoe word ouer manne en bedieningsknegte in elke gemeente aangestel?
In die eerste eeu HJ het die apostel Paulus vir die ouer manne in die gemeente in Efese gesê: “Let op julleself en op die hele kudde, waaronder die heilige gees julle as opsieners aangestel het, om as herders toesig te hou oor die gemeente van God, wat hy met die bloed van sy eie Seun gekoop het” (Hand. 20:28). Watter rol speel die heilige gees vandag in die aanstelling van ouer manne en bedieningsknegte?
Eerstens, heilige gees het die Bybelskrywers beweeg om die skriftuurlike vereistes vir ouer manne en bedieningsknegte neer te skryf. Sestien verskillende vereistes vir ouer manne is in 1 Timoteus 3:1-7 opgeteken. Verdere vereistes kan in tekste soos Titus 1:5-9 en Jakobus 3:17, 18 gevind word. Die skriftuurlike vereistes vir bedieningsknegte word in 1 Timoteus 3:8-10, 12, 13 uiteengesit. Tweedens, dié wat sulke aanbevelings maak of aanstellings doen, bid spesifiek vir die leiding van Jehovah se gees wanneer hulle oorweeg of ’n broer in ’n redelike mate aan die skriftuurlike vereistes voldoen. Derdens, die persoon wat aanbeveel word, moet die vrug van God se heilige gees in sy lewe openbaar (Gal. 5:22, 23). God se gees speel dus ’n rol in alle aspekte van die aanstellingsproses.
Maar deur wie word hierdie broers in werklikheid aangestel? In die verlede is alle aanbevelings in verband met die aanstelling van ouer manne en bedieningsknegte na die plaaslike takkantoor gestuur. Daar het broers wat deur die Bestuursliggaam aangestel is, hierdie aanbevelings nagegaan en gepaste aanstellings gedoen. Dan het die takkantoor die liggaam van ouer manne hiervan in kennis gestel. Daarna het ouer manne die pas aangestelde manne van hulle aanstelling ingelig en hulle gevra of hulle gewillig is en aan die vereistes voldoen om dit te aanvaar. Laastens is ’n aankondiging aan die gemeente gemaak.
Maar hoe is sulke aanstellings in die eerste eeu gedoen? Soms het die apostels spesifieke aanstellings gedoen, soos toe hulle sewe manne aangestel het om na die daaglikse uitdeling van voedsel aan weduwees om te sien (Hand. 6:1-6). Maar hierdie manne het dalk reeds as ouer manne gedien voordat hulle hierdie bykomende toewysing gegee is.
Hoewel die Skrif nie breedvoerig verduidelik hoe elke aanstelling destyds gedoen is nie, gee dit ons wel ’n aanduiding. Die Bybel sê byvoorbeeld dat Paulus en Barnabas, toe hulle op pad terug van hulle eerste sendingreis af was, “in elke gemeente Hand. 14:23). Jare later het Paulus aan sy reisgenoot Titus geskryf en gesê: “Om dié rede het ek jou in Kreta agtergelaat, dat jy die dinge wat gebrekkig was, sou regstel en in stad na stad ouer manne sou aanstel, soos ek jou beveel het” (Tit. 1:5). Timoteus, wat baie saam met die apostel Paulus gereis het, is blykbaar ook hierdie gesag gegee (1 Tim. 5:22). Dit is dus duidelik dat hierdie aanstellings deur reisende opsieners gemaak is, nie deur die apostels of ouer manne in Jerusalem nie.
vir hulle ouer manne aangestel [het], en terwyl hulle gebid en gevas het, het hulle hulle opgedra aan Jehovah, in wie hulle begin glo het” (Met hierdie skriftuurlike grondslag in gedagte het die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies die manier aangepas waarop ouer manne en bedieningsknegte aangestel word. Vanaf 1 September 2014 word aanstellings soos volg gedoen: Elke kringopsiener oorweeg sorgvuldig die aanbevelings wat in sy kring gemaak word. Gedurende sy besoeke aan die gemeentes sal hy probeer om diegene wat aanbeveel word, te leer ken deur saam met hulle in die bediening te werk as dit moontlik is. Nadat die kringopsiener die aanbevelings met die plaaslike liggaam van ouer manne bespreek het, is dit sy verantwoordelikheid om die ouer manne en bedieningsknegte in die gemeentes in sy kring aan te stel. Hierdie reëling is nader aan die reëling wat in die eerste eeu gevolg is.
Wie is by hierdie proses betrokke? Soos altyd is dit hoofsaaklik die verantwoordelikheid van “die getroue en verstandige slaaf” om die huisknegte te voed (Matt. 24:45-47). Dit behels dat hulle die Skrif met behulp van die heilige gees moet ondersoek om riglyne te voorsien oor die praktiese toepassing van Bybelbeginsels wat verband hou met die manier waarop die wêreldwye gemeente georganiseer word. Die getroue slaaf stel ook alle kringopsieners en Takkomiteelede aan. Elke takkantoor voorsien weer praktiese hulp sodat die riglyne wat gegee is, toegepas kan word. Elke liggaam van ouer manne moet verseker dat die broers wat hulle aanbeveel om in God se gemeente aangestel te word, aan die skriftuurlike vereistes voldoen. Elke kringopsiener het die ernstige verantwoordelikheid om die aanbevelings wat deur die ouer manne gemaak is, sorgvuldig en biddend te oorweeg en om dan die manne wat kwalifiseer, aan te stel.
Wanneer ons verstaan hoe aanstellings gedoen word, het ons meer waardering vir die rol wat die heilige gees in hierdie proses speel. Dit help ons om groter vertroue te hê in diegene wat in die Christengemeente aangestel is en hulle te respekteer.—Heb. 13:7, 17.
Openbaring hoofstuk 11 gemeld word?
Wie is die twee getuies wat inOpenbaring 11:3 praat van twee getuies wat 1 260 dae lank sou profeteer. Die verslag sê dan dat die wilde dier hulle sou “oorwin en hulle [sou] doodmaak”. Maar ná “drie en ’n half dae” sou hierdie twee getuies opgewek word, tot die verbasing van almal wat dit sien.—Op. 11:7, 11.
Wie is hierdie twee getuies? Die besonderhede van die verslag help ons om hulle te identifiseer. Eerstens word daar vir ons gesê dat hulle “deur die twee olyfbome en die twee lampstaanders gesimboliseer” word (Op. 11:4). Dit laat ons dink aan die lampstaander en die twee olyfbome wat in Sagaria se profesie beskryf is. Daardie olyfbome het “die twee gesalfdes” afgebeeld, dit wil sê, goewerneur Serubbabel en die hoëpriester Josua, “wat langs die Here van die hele aarde staan” (Sag. 4:1-3, 14). Tweedens word daar gesê dat die twee getuies tekens verrig wat soortgelyk is aan die tekens wat Moses en Elia verrig het.—Vergelyk Openbaring 11:5, 6 met Numeri 16:1-7, 28-35 en 1 Konings 17:1; 18:41-45.
Wat het hierdie twee Skrifgedeeltes in gemeen? In elke geval verwys die verslag na God se gesalfdes wat die leiding geneem het gedurende ’n moeilike tyd van beproewing. Ter vervulling van Openbaring hoofstuk 11 het die gesalfde broers wat die leiding geneem het toe God se Koninkryk in 1914 in die hemel opgerig is, dus drie en ’n half jaar lank “in saklinne” gepreek.
Aan die einde van hulle prediking in saklinne is hierdie gesalfdes simbolies doodgemaak toe hulle vir ’n korter tydjie, ’n simboliese drie en ’n half dae, in die tronk gegooi is. In die oë van die vyande van God se volk is hulle werk tot ’n einde gebring, en dit het daardie teenstanders baie bly gemaak.—Op. 11:8-10.
Maar in ooreenstemming met die woorde van die profesie is die twee getuies aan die einde van die drie en ’n half dae opgewek. Hierdie gesalfdes is nie net uit die tronk vrygelaat nie, maar diegene wat getrou gebly het, het ’n spesiale aanstelling van God ontvang deur middel van hulle Here, Jesus Christus. In 1919 was hulle onder dié wat aangestel is om as ’n “getroue en verstandige slaaf” te dien om gedurende die laaste dae na die geestelike behoeftes van God se volk om te sien.—Matt. 24:45-47; Op. 11:11, 12.
Dit is interessant dat Openbaring 11:1, 2 hierdie gebeurtenisse verbind met ’n tydperk wanneer die geestelike tempel gemeet, of ondersoek, sou word. Maleagi hoofstuk 3 noem ’n soortgelyke inspeksie van die geestelike tempel, wat deur ’n tydperk van reiniging gevolg sou word (Mal. 3:1-4). Hoe lank het hierdie inspeksie en reinigingswerk geduur? Dit het vanaf 1914 tot vroeg in 1919 geduur. Hierdie tydperk sluit die 1 260 dae (42 maande) in, sowel as die simboliese drie en ’n half dae waarna Openbaring hoofstuk 11 verwys.
Hoe bly is ons tog dat Jehovah hierdie geestelike loutering laat doen het om ’n spesiale volk vir goeie werke te reinig! (Tit. 2:14). Ons waardeer ook die voorbeeld van die getroue gesalfdes wat die leiding geneem het gedurende daardie tyd van beproewing en sodoende as die simboliese twee getuies gedien het. *
^ par. 18 Vir meer inligting, sien Die Wagtoring van 15 Julie 2013, bladsy 22, paragraaf 12.