Ons het ’n beter wêreld nodig!
“Ons lewe in ’n wêreld vol probleme”, het António Guterres, die sekretaris- generaal van die Verenigde Nasies, gesê. Stem jy nie saam nie?
Die nuus is vol ontstellende berigte
Siekte en pandemies
Natuurrampe
Armoede en mense wat honger ly
Besoedeling en aardverwarming
Misdaad, geweld en korrupsie
Oorloë
Dit is duidelik dat ons ’n beter wêreld nodig het. ’n Wêreld met
Volmaakte gesondheid
Veiligheid vir almal
Oorgenoeg kos
’n Gesonde omgewing
Geregtigheid vir almal
Wêreldwye vrede
Maar wat beteken dit wanneer ons van ’n beter wêreld praat?
Wat sal met die wêreld gebeur waarin ons nou lewe?
Wat kan ons doen om in ’n beter wêreld te lewe?
Hierdie uitgawe van Die Wagtoring sal die Bybel se vertroostende antwoorde op hierdie en ander vrae verduidelik.