Wat beteken dit om ’n geestelike mens te wees?
“Mag [God] gee dat julle dieselfde geestesgesindheid onder mekaar sal hê as wat Christus Jesus gehad het.” — ROM. 15:5.
1, 2. (a) Hoe voel baie broers en susters oor geestelikheid? (b) Watter belangrike vrae oor geestelikheid gaan ons bespreek?
“OM ’N geestelike mens te wees het my gelukkiger gemaak. Dit het my gehelp om daaglikse probleme suksesvol te hanteer”, sê ’n suster in Kanada. ’n Broer in Brasilië sê: “Ons is 23 jaar getroud en het ’n baie gelukkige huwelik omdat ons probeer om God se denke oor sake te hê.” En ’n broer in die Filippyne sê: “Om ’n geestelike mens te wees, het my innerlike vrede gegee en het my gehelp om oor die weg te kom met broers en susters van verskillende agtergronde.”
2 Hierdie voorbeelde wys dat dit baie voordele inhou as ons ’n geestelike mens is. Daarom kan ons ons afvra: ‘Hoe kan ek as ’n geestelike mens groei en ook hierdie voordele geniet?’ Maar voor ons hierdie vraag beantwoord, moet ons eers verstaan wat dit beteken om ’n geestelike mens te wees volgens die Bybel. In hierdie artikel sal ons drie belangrike vrae beantwoord: (1) Wat beteken dit om ’n geestelike mens te wees? (2) Watter voorbeelde sal ons help om geestelik te groei? (3) Hoe sal dit ons help om ’n geestelike mens te wees as ons probeer om “die denke van Christus” te hê?
WAT IS ’N GEESTELIKE MENS?
3. Wat is die verskil tussen ’n fisiese mens en ’n geestelike mens volgens die Bybel?
3 Die apostel Paulus help ons om te verstaan wat ’n geestelike mens is deur te wys wat die verskil is tussen ’n “geestelike mens” en ’n “fisiese mens”. (Lees 1 Korintiërs 2:14-16.) Wat is die verskil? Die “fisiese mens” word beskryf as iemand wat “nie die dinge van die gees van God [aanvaar] nie, want hulle is dwaasheid vir hom; en hy kan hulle nie leer ken nie”. Maar die “geestelike mens ondersoek . . . alle dinge” en het “die denke van Christus”. Paulus moedig ons aan om geestelike mense te wees. Op watter ander maniere verskil fisiese mense en geestelike mense van mekaar?
4, 5. Hoe kan ons sien of iemand ’n fisiese mens is?
4 Kom ons kyk eers na die gesindheid van ’n fisiese mens. ’n Fisiese mens word beïnvloed deur die gesindheid van die wêreld, wat op selfsugtige begeertes fokus. Paulus beskryf dit as “die gees wat nou in die seuns van die ongehoorsaamheid werk” (Ef. 2:2). Hierdie gees beïnvloed die meeste mense om die meerderheid te volg. Hulle is gefokus op vleeslike begeertes. Daarom doen die meeste van hulle wat vir hulle reg voel, en hulle probeer nie eers om volgens God se standaarde te lewe nie. ’n Fisiese, of vleeslike, mens dink die meeste van die tyd net aan fisiese dinge. Hy voel dat sy posisie, geld of sy regte belangriker is as enigiets anders.
5 ’n Fisiese mens doen dinge wat die Bybel “die werke van die vlees” noem (Gal. 5:19-21). In Paulus se eerste brief aan die gemeente in Korinte noem hy nog ’n paar dinge wat fisiese mense doen. Hulle kies kant in geskille, veroorsaak stryery tussen mense, neem mekaar hof toe, het geen respek vir hoofskap nie en fokus te veel op wat hulle gaan eet en drink. Dit is makliker vir ’n fisiese mens om verkeerde dinge te doen omdat hy nie versoeking kan weerstaan nie (Spr. 7:21, 22). Judas het gepraat van mense wat so gefokus sou wees op vleeslike dinge dat hulle nie meer Jehovah se heilige gees sou hê nie. — Jud. 18, 19.
6. Hoe kan ons sien of iemand ’n geestelike mens is?
6 Maar wat beteken dit om ’n “geestelike mens” te wees? ’n Geestelike mens se verhouding met God is vir hom baie belangrik. Hy doen sy bes om ’n ‘navolger van God’ te wees (Ef. 5:1). Dit beteken dat hy altyd probeer om soos Jehovah te dink en Sy beskouing van sake te hê. God is vir hom ’n werklike persoon. Anders as ’n fisiese mens probeer ’n geestelike mens om volgens Jehovah se standaarde te lewe (Ps. 119:33; 143:10). ’n Geestelike mens fokus nie op die werke van die vlees nie, maar hy doen sy bes om die vrug van die gees in sy lewe te openbaar (Gal. 5:22, 23). Dink hieraan: Net soos iemand wat goed is met besigheid ’n besigheidsman genoem kan word, net so kan iemand wat op geestelike dinge fokus ’n geestelike mens genoem word.
7. Wat sê die Bybel oor geestelike mense?
7 Jesus het gesê dat geestelike mense gelukkig is. Matteus 5:3 sê: “Gelukkig is dié wat bewus is van hulle geestelike behoefte, want die koninkryk van die hemele behoort aan hulle.” Romeine 8:6 wys wat die voordeel is om ’n geestelike mens te wees. Dit sê: “Want om die vlees te bedink, beteken die dood, maar om die gees te bedink, beteken lewe en vrede.” As ons nou op geestelike dinge gefokus bly, sal ons vrede met God en ook innerlike vrede geniet en sal ons die hoop hê om in die toekoms vir ewig te lewe.
8. Hoekom moet ons hard werk om ’n geestelike mens te word en te bly?
8 Maar ons lewe in ’n gevaarlike wêreld. Die wêreld is vol mense wat net aan hulle vleeslike begeertes dink. Daarom moet ons hard werk om ’n geestelike mens te word en om ons geestelikheid te beskerm. As ons nie ons verstand met Jehovah se gedagtes vul nie, sal die wêreld ons verstand met vleeslike gedagtes vul. Wat kan ons doen sodat dit nie met ons gebeur nie? Hoe kan ons geestelik groei?
LEER UIT GOEIE VOORBEELDE
9. (a) Wat kan ons help om geestelik te groei? (b) Watter goeie voorbeelde gaan ons bespreek?
9 ’n Kind kan leer om volwasse te wees deur sy ouers se voorbeeld na te volg. Net so kan ons geestelik volwasse word as ons persone navolg wat geestelik sterk is. Die slegte voorbeeld van mense wat op selfsugtige begeertes fokus, dien weer as ’n waarskuwing vir ons (1 Kor. 3:1-4). Die Bybel bevat goeie en slegte voorbeelde. Maar omdat ons geestelike mense wil wees, gaan ons na die goeie voorbeelde van Jakob, Maria en Jesus kyk.
10. Hoe het Jakob gewys dat hy ’n geestelike mens is?
10 Kom ons kyk eers na die voorbeeld van Jakob. Net soos baie van ons vandag, het Jakob nie ’n maklike lewe gehad nie. Hy was omring deur “fisiese mense”. Sy eie broer, Esau, wou hom doodmaak. En sy oneerlike skoonpa het hom onregverdig behandel. Maar ten spyte hiervan was Jakob ’n geestelike man. Hy het geloof gestel in die belofte wat aan Abraham gemaak is. Hy het ook Gen. 28:10-15). Wat Jakob gesê en gedoen het, wys dat Jehovah se wil en standaarde vir hom belangrik was. Toe Jakob byvoorbeeld bang was dat Esau hom sou aanval, het hy vir God gesê: “Ek bid u, verlos my . . . U het gesê: ‘Ek sal ongetwyfeld aan jou goed doen en jou saad soos die sandkorrels van die see maak’” (Gen. 32:6-12). Die manier waarop hy sy lewe gelei het, het gewys dat hy sterk geloof in Jehovah se beloftes gehad het.
hard gewerk om vir sy gesin te sorg, wat ’n spesiale rol in die vervulling van Jehovah se voorneme sou speel (11. Hoe weet ons dat Maria ’n geestelike mens was?
11 Kom ons kyk nou na die voorbeeld van Maria. Hoekom het Jehovah Maria gekies om Jesus se ma te wees? Dit is omdat sy ’n geestelike mens was. Hoe weet ons dit? Lees wat Maria gesê het toe sy haar familielede Sagaria en Elisabet besoek het. (Lees Lukas 1:46-55.) Haar woorde wys dat sy baie lief was vir God se Woord en dat sy die Hebreeuse Geskrifte goed geken het (Gen. 30:13; 1 Sam. 2:1-10; Mal. 3:12). Nadat Maria en Josef getrou het, het hulle nie seksuele omgang gehad totdat Jesus gebore is nie. Wat sê dit vir ons? Dit wys dat Jehovah se wil vir hulle belangriker was as hulle eie begeertes (Matt. 1:25). Maria het ook alles opgelet wat in Jesus se lewe gebeur het en het mooi geluister na al die wyse woorde wat hy gesê het. Sy het ook “al hierdie woorde . . . in haar hart bewaar” (Luk. 2:51). Sy het ongetwyfeld belanggestel in God se belofte oor die Messias. Maria se voorbeeld help ons om te sien hoe ons God se wil eerste in ons lewe kan stel.
12. (a) Hoe het Jesus sy Vader nagevolg? (b) Hoe kan ons Jesus se voorbeeld navolg? (Sien prent aan begin van artikel.)
12 Van al die mense wat al ooit gelewe het, is Jesus die beste voorbeeld van ’n geestelike mens. Sy lewe en bediening wys dat hy sy Vader, Jehovah, se voorbeeld wou navolg. Jesus het soos Jehovah gedink, gevoel en opgetree. Hy het ook God se wil gedoen en sy standaarde gerespekteer (Joh. 8:29; 14:9; 15:10). Kyk byvoorbeeld in die volgende verse hoe die profeet Jesaja Jehovah se medelye beskryf, en vergelyk dit dan met wat die Evangelieskrywer Markus oor Jesus se gevoelens geskryf het. (Lees Jesaja 63:9; Markus 6:34.) Is ons, net soos Jesus, altyd gereed om medelye te betoon aan mense wat hulp nodig het? Jesus het ook die meeste van sy tyd en energie gebruik om die goeie nuus te verkondig en ander te leer (Luk. 4:43). ’n Geestelike mens betoon medelye en probeer om ander te help.
13, 14. (a) Wat kan ons leer uit die voorbeeld van geestelike mense in ons dag? (b) Gee ’n voorbeeld.
13 Vandag is daar ook baie voorbeelde van geestelike broers en susters wat probeer om Jesus na te volg. Miskien het jy al gesien hoe hard hulle in velddiens werk, dat hulle altyd gasvry is, vir ander omgee en ander goeie eienskappe het. Net soos ons moes hulle ook teen swakhede en onvolmaakthede stry terwyl hulle probeer om goeie eienskappe te ontwikkel. Rachel, ’n suster in Brasilië, sê: “Ek het daarvan gehou om soos die wêreld aan te trek. En daarom het ek nie baie beskeie aangetrek nie. Maar toe ek die waarheid geleer het, het ek die nodige veranderinge gemaak sodat ek ’n geestelike mens kon wees. Dit was nie
maklik om hierdie veranderinge te maak nie, maar ek het gelukkiger geword en ’n doel in die lewe gevind.”14 Reylene, van die Filippyne, het ’n ander probleem gehad. Om verder te gaan studeer en ’n goeie werk te kry, was vir haar baie belangrik. Sy sê: “My geestelike doelwitte het vir my minder belangrik geword. Maar ek het gevoel dat daar iets in my lewe kortkom, iets wat baie belangriker is as my werk. Ek het toe weer begin fokus op my diens aan Jehovah.” Nou vertrou sy op Jehovah se belofte in Matteus 6:33, 34. Sy sê: “Ek het volle vertroue dat Jehovah vir my sal sorg!” Miskien weet jy van ander goeie voorbeelde in jou gemeente. Wil jy nie ook soos hierdie getroue mense Christus se voorbeeld navolg nie? — 1 Kor. 11:1; 2 Tess. 3:7.
KRY “DIE DENKE VAN CHRISTUS”
15, 16. (a) Wat moet ons doen as ons soos Christus wil wees? (b) Hoe kan ons toelaat dat “die denke van Christus” ons denke beïnvloed?
15 Hoe kan elkeen van ons Christus navolg? Die Bybel sê in 1 Korintiërs 2:16 dat ons “die denke van Christus” moet hê. En Romeine 15:5 sê dat ons ‘dieselfde geestesgesindheid moet hê as wat Christus Jesus gehad het’. As ons soos Christus wil wees, moet ons leer hoe hy gedink, gevoel en opgetree het. Dan moet ons sy voorbeeld navolg. Jesus se denke is gefokus op sy verhouding met God. Ons sal nader aan Jehovah kom as ons Jesus navolg. Daarom is dit baie belangrik dat ons leer om soos Jesus te dink.
16 Hoe kan ons dit doen? Jesus se dissipels het die wonderwerke gesien wat hy gedoen het, hoe hy die skares onderrig het, hoe hy mense behandel het en hoe hy deur God se denke gelei is. Hulle het gesê: “Ons is getuies van alles wat hy . . . gedoen het” (Hand. 10:39). Ons kan Jesus nie sien nie. Maar Jehovah het vir ons die Evangelieverslae gegee sodat ons Jesus kan leer ken. Deur Matteus, Markus, Lukas en Johannes te lees en daaroor na te dink, sal ons die denke van Christus kry. Dan kan ons Christus se “voetstappe noukeurig . . . volg” en “dieselfde geesteshouding” as hy verkry. — 1 Pet. 2:21; 4:1.
17. Hoe help dit ons as ons soos Christus dink?
17 Hoe help dit ons as ons leer om soos Christus te dink? Net soos gesonde kos ons fisiese liggaam sterk maak, so kan ons geestelik sterk word as ons ons verstand met Christus se denke vul. Stadig maar seker sal dit ons help om te weet wat Jesus in enige situasie sou doen. Dit sal ons weer help om goeie besluite te maak wat ons ’n skoon gewete en God se goedkeuring sal gee. Stem jy nie saam dat hierdie voordele ons goeie rede gee om ons ‘met die Here Jesus Christus te beklee’ nie? — Rom. 13:14.
18. Wat het hierdie bespreking jou geleer oor wat dit beteken om ’n geestelike mens te wees?
18 Ons het gesien wat dit beteken om ’n geestelike mens te wees. Ons het ook gesien dat ons kan leer uit die goeie voorbeeld van geestelike mense. Laastens het ons geleer hoe dit ons help om ’n geestelike mens te word as ons “die denke van Christus” het. Maar daar is nog baie dinge wat ons oor geestelikheid kan leer. Byvoorbeeld, wat kan ons help om te sien of ons geestelik sterk is? Wat kan ons doen om geestelik te groei? En hoe word ons daaglikse lewe deur ons geestelikheid beïnvloed? Die volgende artikel sal hierdie vrae beantwoord.