Verwerp die selfsugtige gees van vandag se wêreld
HET jy al opgelet dat baie mense in die wêreld voel dat hulle die reg het op spesiale voorregte, regte of behandeling? Maak nie saak hoe baie hulle kry nie, hulle glo dat hulle meer verdien. Hierdie manier van dink is gebaseer op die selfsugtige en ondankbare gesindhede wat ’n kenmerk van die laaste dae is. – 2 Tim. 3:2.
Selfsugtigheid is natuurlik niks nuuts nie. Adam en Eva het besluit om self te kies wat goed en wat sleg is, met verskriklike gevolge. Honderde jare later het koning Ussia van Juda gedink dat hy die reg het om reukwerk by die tempel te brand, maar dit was heeltemal verkeerd van hom om dit te doen (2 Kron. 26:18, 19). Net so het die Fariseërs en Sadduseërs geglo dat hulle God se spesiale guns verdien het net omdat hulle nakomelinge van Abraham is. – Matt. 3:9.
Ons is omring deur mense wat selfsugtig en egotisties is, en hulle gesindheid kan ons beïnvloed (Gal. 5:26). Ons kan begin dink dat ons ’n sekere voorreg of spesiale behandeling verdien. Wat kan ons help om nie so te dink nie? Om te begin, moet ons Jehovah se beskouing van die saak kry. Twee Bybelbeginsels sal ons help.
Jehovah bepaal wat ons moet ontvang. Kyk na ’n paar voorbeelde.
-
In die gesinsreëling moet ’n man voel dat sy vrou hom respekteer en moet ’n vrou voel dat haar man haar liefhet (Ef. 5:33). Huweliksmaats moet die uitsluitlike romantiese belangstelling van hulle man of vrou ontvang (1 Kor. 7:3). Ouers het die reg om gehoorsaamheid van hulle kinders te verwag, en kinders moet baie liefde en ondersteuning van hulle ouers ontvang. – 2 Kor. 12:14; Ef. 6:2.
-
In die gemeente verdien hardwerkende ouermanne ons respek (1 Tess. 5:12). Maar hulle het nie die reg om hulle broers en susters te oorheers nie. – 1 Pet. 5:2, 3.
-
God het menseregerings die reg gegee om belasting te eis en om eer van hulle onderdane te ontvang. – Rom. 13:1, 6, 7.
Jehovah gee ons liefdevol baie meer as wat ons verdien. As gevolg van ons sondige toestand verdien ons net om te sterf (Rom. 6:23). Maar Jehovah gee ons baie seëninge uit sy lojale liefde vir ons (Ps. 103:10, 11). Elke seëning of voorreg wat hy vir ons gee, is deur sy onverdiende goedheid. – Rom. 12:6-8; Ef. 2:8.
WAT ONS KAN HELP OM NIE ’N SELFSUGTIGE, EGOTISTIESE GEES TE ONTWIKKEL NIE
Pasop vir die wêreld se gesindheid. Sonder om dit te besef, kan ons begin dink dat ons meer as ander verdien. Jesus het gewys hoe maklik dit is om so te begin dink deur die illustrasie te gebruik van die werkers wat ’n denarius betaal is. Party werkers het vroeg die oggend begin en heeldag lank in die warm son gewerk; ander werkers het net een uur lank gewerk. Die eerste groep het aangeneem dat hulle die reg het om meer betaal te word omdat hulle langer as die ander gewerk het (Matt. 20:1-16). In die toepassing van hierdie illustrasie het Jesus gewys dat sy volgelinge tevrede moet wees met wat God voorsien.
Wees dankbaar en moenie dinge van ander verwag nie (1 Tess. 5:18). Volg die apostel Paulus na wat nie materiële ondersteuning by die broers in Korinte gevra het nie, al het hy die reg gehad om dit te doen (1 Kor. 9:11-14). Ons moet elke seëning waardeer wat ons ontvang en nie dinge van ander verwag nie.
Wees nederig. Wanneer iemand te veel van homself dink, begin hy gewoonlik voel dat hy die reg het op meer as wat hy het. Nederigheid is die teenmiddel teen sulke giftige denke.
Die profeet Daniël is ’n goeie voorbeeld van iemand wat nederig was. Hy het uit ’n belangrike familie gekom, hy was aantreklik, intelligent en Dan. 1:3, 4, 19, 20). Maar Daniël het nederig gebly, en hierdie eienskap het hom kosbaar vir Jehovah gemaak. – Dan. 2:30; 10:11, 12.
het baie vaardighede gehad. So hy kon gevoel het dat hy die spesiale behandeling en voorregte verdien wat hy ontvang het (Laat ons die selfsugtige, egotistiese gees verwerp wat so algemeen in vandag se wêreld is. Laat ons eerder aanhou om vreugde te vind in elke seëning wat Jehovah ons gee deur sy onverdiende goedheid.