STUDIEARTIKEL 30
Bereik die harte van niegodsdienstige mense
“Ek het alles vir alle soorte mense geword om op elke moontlike manier sommige te red.” – 1 KOR. 9:22.
LIED 82 ‘Laat julle lig skyn’
IN HIERDIE ARTIKEL *
1. Watter verandering het in onlangse jare in party gebiede plaasgevind?
DIE meeste mense in die wêreld behoort al duisende jare lank aan die een of ander soort godsdiens. Maar in onlangse jare het ’n groot verandering plaasgevind. Al hoe meer mense beskou nie hulleself as godsdienstig nie. Om die waarheid te sê, in party lande sê die grootste deel van die bevolking dat hulle nie godsdienstig is nie. * – Matt. 24:12.
2. Wat is party redes waarom so baie mense nie godsdienstig is nie?
2 Hoekom beskou al hoe meer mense hulleself as niegodsdienstig? * Party se aandag word dalk afgelei deur plesier of bekommernisse (Luk. 8:14). Party het ateïste geword. Ander glo in God, maar dink dat godsdiens outyds en onbelangrik is en dat dit nie ooreenstem met die wetenskap en logiese denke nie. Hulle hoor dalk dat vriende, onderwysers of die media sê dat lewe deur evolusie ontstaan het, maar hulle hoor amper nooit logiese redes hoekom ’n mens in God moet glo nie. Vir ander is dit walglik dat geestelikes so geldgierig is en ’n begeerte na mag het. En op party plekke plaas regerings amptelike beperkings op godsdiensbedrywighede.
3. Wat is die doel van hierdie artikel?
3 Jesus verwag van ons om “dissipels van mense van al die nasies” te maak (Matt. 28:19). Hoe kan ons niegodsdienstige mense help om vir God lief te word en dissipels van Christus te word? Ons moet besef dat ’n persoon se reaksie op ons boodskap moontlik afhang van waar hy grootgeword het. Byvoorbeeld, mense met ’n Europese agtergrond reageer dalk nie dieselfde as mense wat van Asië af kom nie. Hoekom is dit die geval? In Europa weet baie mense iets omtrent die Bybel en is hulle bekend met die idee dat God alles geskep het. Maar in Asië weet die meeste mense min of niks omtrent die Bybel nie en glo hulle dalk nie in ’n Skepper nie. Die doel van hierdie artikel is om ons te help om die harte te bereik van almal wat ons in die bediening ontmoet, maak nie saak wat hulle agtergrond is nie.
BLY POSITIEF
4. Hoekom kan ons positief bly?
4 Wees positief. Daar is elke jaar niegodsdienstige mense wat Jehovah se Getuies word. Baie het reeds hoë sedelike standaarde gehad en die skynheiligheid in godsdiens is vir hulle walglik. Ander het lae sedelike standaarde gehad, en baie het slegte gewoontes gehad wat hulle moes afleer. Ons kan seker wees dat ons, met Jehovah se hulp, dié sal vind wat “die regte gesindheid vir die ewige lewe” het. – Hand. 13:48; 1 Tim. 2:3, 4.
5. Wat laat mense dikwels na ons boodskap luister?
5 Wees vriendelik en taktvol. Dikwels luister mense na ons boodskap, nie as gevolg van wat ons sê nie, maar as gevolg van hoe ons dit sê. Hulle hou daarvan wanneer ons vriendelik en taktvol is en opreg in hulle belangstel. Ons dwing hulle nie om na ons beskouing te luister nie. Ons probeer eerder verstaan hoekom hulle ’n sekere beskouing van godsdiens het. Byvoorbeeld, party mense hou nie daarvan om met ’n vreemdeling oor godsdiens te praat nie. Ander dink dat dit slegte maniere is om vir iemand te vra wat hy oor God dink. En party is skaam wanneer ander sien dat hulle die Bybel lees, veral saam met een van Jehovah se Getuies. Wat ook al die geval is, ons probeer om hulle gevoelens in ag te neem. – 2 Tim. 2:24.
6. Hoe het die apostel Paulus gewys dat hy aanpasbaar is, en hoe kan ons hom navolg?
6 Wat kan ons doen wanneer dit lyk of iemand ongemaklik is wanneer ons woorde gebruik soos “Bybel”, “skepping”, “God” of “godsdiens”? Ons kan die apostel Paulus navolg en aanpasbaar wees wanneer ons met hulle praat. Wanneer Paulus met Jode gepraat het, het hy uit die Skrif geredeneer. Maar wanneer hy met Griekse filosowe by die Areopagus gepraat het, het hy nie direk na die Bybel verwys nie (Hand. 17:2, 3, 22-31). Hoe kan ons Paulus se voorbeeld navolg? As jy iemand ontmoet wat nie die Bybel aanvaar nie, sal dit dalk beter wees om nie direk daarna te verwys wanneer ons met hom redeneer nie. As jy agterkom dat iemand dalk ongemaklik is wanneer ander sien dat hy die Bybel saam met jou lees, kan jy probeer om op ’n minder opvallende manier vir hom tekste te wys, soos op ’n elektroniese toestel.
7. Wat moet ons dalk doen om Paulus se voorbeeld in 1 Korintiërs 9:20-23 na te volg?
7 Toon begrip en luister. Ons moet probeer verstaan hoekom die mense wat ons ontmoet, ’n sekere beskouing het (Spr. 20:5). Kyk weer na Paulus se voorbeeld. Hy het tussen Jode grootgeword. Hy moes sekerlik aanpasbaar gewees het toe hy vir nie-Jode gepreek het, mense wat min of niks van Jehovah en die Skrif geweet het nie. Ons sal dalk navorsing moet doen of raad moet vra by ervare verkondigers in die gemeente sodat ons empatie met die mense in ons gebied kan hê en hulle kan verstaan. – Lees 1 Korintiërs 9:20-23.
8. Wat is een manier hoe ons ’n gesprek oor die Bybel kan begin?
Matt. 10:11). Om doeltreffend te wees moet ons mense se opinies vra, en dan moet ons aandagtig luister na wat hulle sê. ’n Broer in Engeland vra mense se opinie oor hoe om ’n gelukkige huwelik te hê, hoe om kinders groot te maak of hoe om ongeregtigheid te verduur. Nadat hy na hulle geluister het, vra hy: “Wat dink jy van hierdie raad wat amper meer as 2 000 jaar gelede geskryf is?” Dan, sonder om die woord “Bybel” te gebruik, wys hy vir hulle tekste op sy selfoon wat hy vooraf gekies het.
8 Ons doelwit is om mense te vind wat “verdienstelik” is (BEREIK MENSE SE HARTE
9. Hoe kan ons mense help wat dit gewoonlik vermy om oor God te praat?
9 As ons mense ontmoet wat dit gewoonlik vermy om oor God te praat, kan ons hulle harte bereik deur iets te bespreek waarin hulle reeds belangstel. Baie mense is byvoorbeeld verstom wanneer hulle aan die natuur dink. Ons kan dus iets soos die volgende sê: “Jy weet waarskynlik dat wetenskaplikes dikwels nuwe dinge uitgevind het omdat hulle dinge nageboots het wat reeds in die natuur bestaan. Byvoorbeeld, mense wat mikrofone ontwerp, bestudeer die oor, en mense wat kameras ontwerp, bestudeer die oog. Waaraan dink jy wanneer jy aan die natuur dink? Dink jy dat die natuur ’n wonderlike mag, ’n persoon of iets anders is?” Nadat ons aandagtig geluister het, kan ons byvoeg: “Wanneer ingenieurs uit die ontwerp van die oor en die oog leer, wonder ons dalk by wie hulle leer. Ek het iets wat ’n eertydse digter geskryf het, baie interessant gevind. Hy het gesê: ‘Kan Hy wat die oor plant, nie hoor nie? Of kan Hy wat die oog vorm, nie kyk nie? . . . Hy wat die mense kennis leer?’ Party wetenskaplikes stem saam met hierdie woorde en glo in die skepping” (Ps. 94:9, 10). Dan kan ons ’n video wys op jw.org® onder “Onderhoude en Ondervindinge” in die reeks “Beskouings oor die oorsprong van lewe”. (Kyk onder PUBLIKASIES > VIDEO’S.) Of ons kan vir hulle die brosjure Is lewe geskep? of die brosjure Vyf belangrike vrae oor die oorsprong van lewe gee.
10. Hoe kan ons ’n gesprek met iemand begin wat nie oor God wil praat nie?
10 Baie mense wil graag ’n beter toekoms hê. Maar baie mense is bang dat die aarde vernietig sal word of dat mense later nie meer daarop sal kan woon nie. ’n Reisende Ps. 37:29; Pred. 1:4.
opsiener in Noorweë sê dat mense wat nie oor God wil praat nie, dikwels bereid is om oor wêreldtoestande te praat. Nadat hy mense gegroet het, sê hy: “Dink jy ons het rede om te hoop vir ’n beter toekoms? Op wie dink jy kan ons ons hoop stel – op politieke leiers, op wetenskaplikes of op iemand anders?” Nadat hy aandagtig geluister het, lees hy of haal hy ’n teks aan wat van ’n wonderlike toekoms praat. Party mense vind dit interessant dat die Bybel belowe dat die aarde vir ewig sal bestaan en dat goeie mense vir ewig daarop sal woon. –11. Hoekom moet ons gesprekke op verskillende maniere probeer begin, en hoe kan ons Paulus se voorbeeld in Romeine 1:14-16 navolg?
11 Dit sal goed wees as ons gesprekke op verskillende maniere probeer begin met mense wat ons ontmoet. Hoekom? Omdat elke persoon uniek is. ’n Onderwerp waarin een persoon belangstel, is dalk iets waaroor ’n ander persoon glad nie wil praat nie. Party mense is dalk bereid om oor God of die Bybel te praat, terwyl ander bereid is om eers oor ander dinge te praat. In albei gevalle moet ons die geleentheid gebruik om met alle soorte mense te praat. (Lees Romeine 1:14-16.) Ons hou natuurlik in gedagte dat Jehovah die een is wat die waarheid laat groei in die harte van mense wat lief is vir wat reg is. – 1 Kor. 3:6, 7.
HOE OM DIE WAARHEID AAN MENSE VAN ASIË TE VERKONDIG
12. Wat kan ons doen om mense van Asië se harte te bereik wat nog nie oor die bestaan van ’n Skepper gedink het nie?
12 Regoor die wêreld ontmoet verkondigers mense uit nasies in Asië, insluitende party wat van plekke kom waar die regering beperkings op godsdiensbedrywighede geplaas het. In ’n hele paar lande in Asië het baie mense nog nooit ernstig nagedink oor die bestaan van ’n Skepper nie. Party is nuuskierig en aanvaar ’n direkte uitnodiging om die Bybel te studeer, maar ander is aan die begin huiwerig om nuwe idees te leer. Wat kan ons doen om hulle harte te bereik? Party ervare verkondigers het gevind dat dit goed is om ’n vriendelike gesprek te begin, persoonlike belangstelling te toon en wanneer dit gepas is, vir die persoon te vertel hoe hulle lewens verbeter het toe hulle ’n spesifieke Bybelbeginsel begin toepas het.
13. Wat kan mense in die Bybel laat belangstel? (Sien prent op voorblad.)
13 Die eerste ding waarin baie mense belangstel, is die praktiese wysheid in die Bybel (Pred. 7:12). ’n Suster van New York wat vir mense getuig wat Mandaryns praat, sê: “Ek probeer belangstelling in mense toon en na hulle luister. As ek uitvind dat hulle nuwe immigrante is, vra ek dalk: ‘Hoe vind jy dit hier? Het jy al werk gekry? Behandel die plaaslike mense jou goed?’” Soms skep dit ’n geleentheid om oor ’n Bybellering te begin praat. Wanneer dit gepas is, voeg die suster dalk by: “Hoe dink jy kan ons goed met mense oor die weg kom? Kan ek vir jou ’n spreekwoord in die Bybel wys? Dit sê: ‘Die begin van twis is soos iemand wat waters loslaat; gaan dus weg voordat die rusie uitgebreek het.’ Dink jy dat hierdie raad ons kan help om met ander oor die weg te kom?” (Spr. 17:14). Sulke gesprekke kan ons help om mense te identifiseer wat graag meer wil leer.
14. Hoe help ’n broer in die Verre Ooste mense wat sê dat hulle nie in God glo nie?
14 Wat van mense wat vir ons sê dat hulle nie in God glo nie? ’n Broer wat al baie vir niegodsdienstige mense in die Verre Ooste gepreek het, verduidelik: Jeremia 16:20: ‘Kan die mens vir hom gode maak wanneer hulle geen gode is nie?’ Dan vra ek: ‘Hoe weet ons watter god regtig bestaan en watter een deur mense gemaak is?’ Ek luister aandagtig en dan lees ek Jesaja 41:23: ‘Vertel die dinge wat later sal kom, sodat ons kan weet dat julle gode is.’ Dan wys ek ’n voorbeeld waar Jehovah die toekoms voorspel het.”
“Wanneer iemand hier sê: ‘Ek glo nie in God nie’, bedoel hy gewoonlik dat hy nie in tradisionele gode glo nie. Dan stem ek gewoonlik saam dat die meeste gode deur mense gemaak is en nie regtig bestaan nie. Ek lees dikwels15. Wat kan ons leer uit die voorbeeld van ’n broer in Oos-Asië?
15 ’n Broer in Oos-Asië begin ’n gesprek op die volgende manier wanneer hy herbesoeke doen. Hy sê: “Ek wys vir hulle voorbeelde van die Bybel se wysheid, Bybelprofesieë wat vervul is en wette wat die heelal beheer. Dan help ek hulle om te sien dat dit alles bewyse is dat ’n liefdevolle en wyse Skepper bestaan. Wanneer iemand die moontlikheid aanvaar dat God bestaan, begin ek vir hom wys wat die Bybel oor Jehovah sê.”
16. Hoekom moet studente volgens Hebreërs 11:6 geloof in God en die Bybel hê, en hoe kan ons hulle help om hierdie geloof op te bou?
16 Wanneer ons Bybelstudies met niegodsdienstige mense hou, moet ons aanhou om hulle geloof in God op te bou. (Lees Hebreërs 11:6.) En ons moet hulle help om geloof in die Bybel op te bou. Dit sal dalk beteken dat ons party gedagtes ’n hele paar keer moet herhaal. Ons sal dalk gedurende elke studiesessie bewyse moet bespreek dat die Bybel God se Woord is. Dit kan ’n kort bespreking insluit van die profesieë in die Bybel wat vervul is, hoe die Bybel wetenskaplik en geskiedkundig akkuraat is of hoe die Bybel ons in ons daaglikse lewe help.
17. Watter uitwerking kan ons liefde op mense hê?
17 Ons help mense om dissipels van Christus te word deur liefde aan hulle te betoon, of hulle nou godsdienstig is of nie (1 Kor. 13:1). Wanneer ons hulle leer, wil ons vir hulle wys dat God ons liefhet en dat hy wil hê dat ons hom moet liefhê. Elke jaar word duisende mense gedoop wat voorheen min of geen belangstelling in godsdiens gehad het nie omdat hulle vir God lief geword het. Wees dus positief en toon liefdevolle belangstelling in alle soorte mense. Luister na hulle. Probeer om hulle te verstaan. Leer hulle deur middel van jou voorbeeld om dissipels van Christus te wees.
LIED 76 Hoe laat dit jou voel?
^ par. 5 Ons ontmoet dalk nou meer as ooit tevore mense wat nie godsdienstig is nie. Hierdie artikel bespreek hoe ons Bybelwaarheid aan hulle kan verkondig en hoe ons hulle kan help om vertroue in die Bybel en geloof in Jehovah God op te bou.
^ par. 1 Volgens opnames is party van hierdie lande: Albanië, Australië, Azerbeidjan, China, Denemarke, Duitsland, Frankryk, Hongkong, Ierland, Israel, Japan, Kanada, Nederland, Noorweë, Oostenryk, Spanje, Suid-Korea, Swede, Switserland, Tsjeggiese Republiek, die Verenigde Koninkryk en Viëtnam.
^ par. 2 WAT DIT BETEKEN: In hierdie artikel verwys die term niegodsdienstig na mense wat nie aan ’n georganiseerde godsdiens behoort nie of na mense wat nie in God glo nie.
^ par. 54 BESKRYWING VAN PRENT: ’n Broer getuig vir iemand wat saam met hom by ’n hospitaal werk; die man kyk later na ons Bybelstudielesse wat aanlyn beskikbaar is.