Jehovah lei sy volk op die weg van die lewe
“Dit is die weg. Wandel daarop.”—JESAJA 30:21.
LIEDERE: 65, 48
1, 2. (a) Watter waarskuwing het baie lewens gered? (Sien prent aan begin van artikel.) (b) Watter leiding het God se volk wat hulle lewe kan red?
“STOP, KYK, LUISTER.” Meer as 100 jaar gelede is groot tekens met hierdie woorde by spooroorgange in Noord-Amerika opgerig. Waarom? Sodat motors nie voor ’n aankomende trein sou beland wanneer hulle oor die kruising ry nie. Baie lewens is gered omdat mense op hierdie waarskuwings ag geslaan het.
2 Jehovah gee ons iets beters as veiligheidstekens. Hy lei sy volk sodat hulle die ewige lewe kan ontvang en gevare kan vermy. Jehovah is soos ’n liefdevolle herder wat sy skape rig en waarsku sodat hulle gevaarlike weë kan vermy.—Lees Jesaja 30:20, 21.
JEHOVAH HET SY VOLK NOG ALTYD GELEI
3. Hoe het die mensdom op ’n weg beland wat na die dood lei?
3 Sedert die begin van die mensegeskiedenis het Jehovah spesifieke instruksies of riglyne aan mense gegee. Byvoorbeeld, in die tuin van Eden het Jehovah duidelike instruksies Genesis 2:15-17). Maar Adam en Eva het die leiding van hulle liefdevolle Vader verwerp. Eva het geluister na die raad wat skynbaar van ’n slang gekom het, en daarna het Adam na sy vrou geluister. Wat was die gevolg? Hulle het albei gely, en hulle het sonder hoop gesterf. En weens hulle ongehoorsaamheid het die hele mensdom op ’n weg beland wat na die dood lei.
gegee wat die mensdom na die ewige lewe en geluk sou lei (4. (a) Waarom was bykomende riglyne ná die Vloed nodig? (b) Hoe het nuwe omstandighede getoon wat God se denke is?
4 God het Noag riglyne gegee wat lewens gered het. Ná die Vloed het Jehovah mense beveel om bloed nie te eet of te drink nie. Waarom was dit nodig? Jehovah sou mense nou toelaat om vleis te eet. Weens hierdie nuwe omstandighede het hulle nuwe riglyne nodig gehad: “Net vleis met sy lewe—sy bloed—mag julle nie eet nie” (Genesis 9:1-4, NW). Hierdie gebod toon vir ons hoe God voel oor lewe, iets wat aan hom behoort. Hy is die Skepper en Lewegewer, en daarom het hy die reg om reëls te maak wanneer dit by lewe kom. Hy het byvoorbeeld beveel dat ’n mens nie iemand anders se lewe mag neem nie. God beskou lewe en bloed as heilig en hy sal enigiemand straf wat dit misbruik.—Genesis 9:5, 6.
5. Wat sal ons nou bespreek, en waarom?
5 Ná Noag se dag het God voortgegaan om sy volk te lei. In hierdie artikel sal ons ’n paar voorbeelde bespreek van hoe hy hulle gelei het. Hierdie bespreking sal ons meer vasbeslote maak om Jehovah se riglyne tot in die nuwe wêreld te volg.
’N NUWE NASIE, NUWE RIGLYNE
6. Waarom was dit noodsaaklik dat die Israeliete die wette gehoorsaam wat God deur Moses gegee het, en watter gesindheid moes hulle hê?
6 In Moses se dag het Jehovah sy volk duidelike riglyne in verband met hulle gedrag en aanbidding gegee. Waarom? Omstandighede het weer eens verander. Die Israeliete was meer as 200 jaar lank slawe in Egipte, waar almal om hulle die dooies aanbid het, afgode gebruik het en baie ander dinge gedoen het wat God oneer aangedoen het. Toe God se volk uit Egipte bevry is, het hulle nuwe riglyne nodig gehad. Hulle sou ’n nasie word wat slegs Jehovah se Wet volg. Party naslaanwerke sê dat die Hebreeuse woord vir “wet” verwant is aan ’n woord wat “rig, lei, leer” beteken. Die Wet het die Israeliete teen die onsedelikheid en valse godsdiens van die nasies om hulle beskerm. Wanneer die Israeliete na God geluister het, het hulle sy seën gehad. Wanneer hulle nie na hom geluister het nie, het dit verskriklike gevolge vir hulle gehad.—Lees Deuteronomium 28:1, 2, 15.
7. (a) Verduidelik waarom Jehovah riglyne aan sy volk voorsien het. (b) Hoe was die Wet ’n tugmeester vir Israel?
7 Daar was nog ’n rede waarom nuwe riglyne nodig was. Die Wet het die Israeliete voorberei vir ’n belangrike gebeurtenis in Jehovah se voorneme, die koms van die Messias, Jesus Christus. Die Wet het die Israeliete daaraan herinner dat hulle onvolmaak is. Dit het hulle ook gehelp om te verstaan dat hulle ’n losprys nodig het, dit wil sê ’n volmaakte offerande wat hulle sondes heeltemal sou wegneem (Galasiërs 3:19; ). Die Wet het ook die geslagslyn van die Messias beskerm en die Israeliete gehelp om hom te identifiseer toe hy verskyn het. Ja, die Wet was soos ’n tydelike gids, of “tugmeester”, wat na Christus gelei het.— Hebreërs 10:1-10Galasiërs 3:23, 24.
8. Waarom moet ons gelei word deur die beginsels van die Mosaïese Wet?
8 As Christene kan ons ook baat vind by die riglyne wat Jehovah in die Wet gegee het. In watter opsig? Ons kan stop en kyk na die beginsels waarop die Wet gegrond is. Al is ons nie meer onder hierdie wette nie, kan ons steeds baie van hierdie wette gebruik om ons in ons daaglikse lewe en aanbidding van Jehovah te rig. Hy het hierdie wette in die Bybel laat opteken sodat ons daaruit kan leer, deur die beginsels daarin gelei kan word en dankbaar kan wees dat Jesus ons iets groters as die Wet geleer het. Luister byvoorbeeld na wat Jesus gesê het: “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar ek sê vir julle dat elkeen wat aanhou om na ’n vrou te kyk om hartstog vir haar te hê, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.” Ons moet dus nie net egbreuk vermy nie, maar ons moet ook onsedelike gedagtes en begeertes verwerp.—Matteus 5:27, 28.
9. Watter nuwe omstandighede het vereis dat God nuwe riglyne gee?
9 Nadat Jesus as die Messias gekom het, het Jehovah nuwe instruksies gegee en meer besonderhede in verband met sy voorneme geopenbaar. Waarom was dit nodig? In die jaar 33 het Jehovah die nasie Israel verwerp en die Christengemeente as sy volk gekies. Die omstandighede van God se volk het dus weer eens verander.
LEIDING VIR GEESTELIKE ISRAEL
10. Waarom is nuwe wette aan die Christengemeente gegee, en hoe het dit verskil van die wette wat aan die Israeliete gegee is?
10 Jehovah het die Mosaïese Wet aan die Israeliete gegee om hulle te leer hoe om te lewe en hoe om hom te aanbid. Vanaf die eerste eeu het God se volk nie meer uit een nasie gekom nie, maar uit baie nasies en agtergronde, en hulle is geestelike Israel genoem. Hulle het die Christengemeente gevorm en was onder ’n nuwe verbond. Jehovah het hulle nuwe of uitgebreide instruksies gegee oor hoe om te lewe en hom te aanbid. Ja, “God [is] nie partydig nie, maar in elke nasie is die mens wat hom vrees en regverdigheid beoefen, vir hom aanneemlik” (Handelinge 10:34, 35). Hulle het “die wet van die Christus” gevolg, wat hoofsaaklik gegrond is op beginsels wat nie op klip geskryf is nie, maar op harte. Hierdie wet sou Christene lei en tot voordeel strek, ongeag waar hulle gewoon het.—Galasiërs 6:2.
11. Watter twee aspekte van die Christelike lewe word geraak deur “die wet van die Christus”?
11 Geestelike Israel het grootliks baat gevind by die leiding wat Jehovah deur Jesus voorsien het. Net voordat Jesus die nuwe verbond ingestel het, het hy twee belangrike gebooie gegee. Een was oor die predikingswerk. Die ander een was oor die manier waarop Christene moet optree en mekaar moet behandel. Hierdie instruksies is aan alle Christene gegee en is dus vandag op ons almal van
toepassing, hetsy ons hoop om vir ewig in die hemel of op die aarde te lewe.12. Watter verandering het Jesus se bevel om te preek, teweeggebring?
12 In die verlede moes mense van die nasies na Israel kom om Jehovah te dien (1 Konings 8:41-43). Maar toe het Jesus die bevel gegee wat ons vind in Matteus 28:19, 20. (Lees.) Jesus het vir sy dissipels gesê om na alle mense te “gaan”. Op Pinkster in die jaar 33 het Jehovah getoon dat hy wil hê dat die goeie nuus regoor die wêreld verkondig moet word. Op daardie dag is omtrent 120 lede van die nuwe gemeente met heilige gees vervul en het hulle in verskillende tale met Jode en proseliete begin praat (Handelinge 2:4-11). Daarna is die gebied uitgebrei en het dit die Samaritane ingesluit. Toe, in die jaar 36, is die gebied selfs verder uitgebrei en het dit onbesnede nie-Jode ingesluit. Dit het beteken dat Christene vir almal regoor die wêreld moes gaan preek!
13, 14. (a) Wat behels Jesus se “nuwe gebod”? (b) Wat leer ons uit die voorbeeld wat Jesus gestel het?
13 Jesus het ook “’n nuwe gebod” gegee oor hoe ons ons broers en susters moet behandel. (Lees Johannes 13:34, 35.) Ons moet elke dag wys dat ons vir hulle lief is, maar ons moet ook gewillig wees om vir hulle te sterf. Dit is iets wat die Wet nie vereis het nie.—Matteus 22:39; 1 Johannes 3:16.
14 Jesus is die grootste voorbeeld van iemand wat sulke onselfsugtige liefde getoon het. Hy was so lief vir sy dissipels dat hy gewillig was om vir hulle te sterf. En hy verwag dat al sy volgelinge dieselfde moet doen. Daarom moet ons gewillig wees om ter wille van ons broers en susters moeilikhede te verduur en om selfs vir hulle te sterf.—1 Tessalonisense 2:8.
RIGLYNE VIR VANDAG EN DIE TOEKOMS
15, 16. Watter nuwe omstandighede het ons nou, en hoe lei God ons?
15 Jesus het “die getroue en verstandige slaaf” aangestel om sy volgelinge geestelike “voedsel op die regte tyd te gee” (Matteus 24:45-47). Hierdie voedsel sluit belangrike riglyne vir God se volk in wanneer omstandighede verander. In watter opsig is ons omstandighede nuut?
16 Ons lewe in “die laaste dae”, en daar sal binnekort ’n verdrukking wees soos daar nog nooit tevore plaasgevind het nie (2 Timoteus 3:1; Markus 13:19). Wat meer is, Satan en sy demone is uit die hemel na die aarde neergeslinger en veroorsaak baie lyding vir die mensdom (Openbaring 12:9, 12). Ook gehoorsaam ons Jesus se opdrag om regoor die wêreld vir meer mense en in meer tale as ooit tevore te preek!
17, 18. Hoe moet ons reageer op die riglyne wat ons ontvang?
17 God se organisasie gee ons baie hulpmiddele om ons in die predikingswerk te help. Gebruik jy dit? By ons vergaderinge ontvang ons instruksies oor hoe ons hierdie hulpmiddele op die beste manier kan gebruik. Beskou jy hierdie riglyne as leiding wat van God kom?
18 Om God se seën te ontvang, moet ons aandag skenk aan al die riglyne wat hy ons deur die Christengemeente gee. Matteus 24:21). Daarna sal ons nuwe riglyne nodig hê vir die lewe in ’n regverdige nuwe wêreld, waar Satan geen invloed sal hê nie.
As ons nou gehoorsaam is, sal dit makliker wees om riglyne te volg gedurende die “groot verdrukking”, wanneer Satan se goddelose wêreld heeltemal vernietig sal word (19, 20. Watter boekrolle sal oopgemaak word, en wat sal die gevolg wees?
19 In Moses se dag het die nasie Israel nuwe riglyne nodig gehad, en daarom het God hulle die Wet gegee. Later moes die Christengemeente “die wet van die Christus” gehoorsaam. Die Bybel sê ook dat ons in die nuwe wêreld boekrolle met nuwe riglyne sal ontvang. (Lees Openbaring 20:12.) Hierdie boekrolle sal heel waarskynlik verduidelik wat Jehovah se vereistes dan vir die mensdom sal wees. Deur die boekrolle te bestudeer sal alle mense, insluitende diegene wat uit die dood opgewek word, weet wat God van hulle vereis. Die boekrolle sal ons help om Jehovah se gedagtes beter te verstaan. Ons sal ook die Bybel beter verstaan, en daarom sal ons mekaar in die Paradys liefhê, eer en respekteer (Jesaja 26:9). Stel jou voor hoeveel dinge ons sal leer en wat ons alles aan ander sal leer onder die leiding van die Koning, Jesus Christus!
20 As ons die riglyne volg “wat in die boekrolle geskrywe staan” en ons gedurende die finale toets aan Jehovah getrou bly, sal hy ons name permanent in “die boekrol van die lewe” skryf. Ons kan die ewige lewe ontvang! Daarom moet ons STOP en lees wat die Bybel sê, KYK sodat ons kan verstaan wat dit vir ons beteken en LUISTER deur nou God se riglyne te volg. As ons hierdie dinge doen, kan ons die groot verdrukking oorleef en tot in alle ewigheid die voorreg geniet om van ons wyse en liefdevolle God, Jehovah, te leer.—Prediker 3:11; Romeine 11:33.