Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Waar het die Duiwel vandaan gekom?

God het die Duiwel nie geskep nie. God het eerder die engel geskep wat later die Duiwel geword het, wat ook Satan genoem word. Jesus het te kenne gegee dat die Duiwel eens op ’n tyd opreg en skuldeloos was. Die Duiwel was dus oorspronklik ’n regverdige engeleseun van God.—Lees Johannes 8:44.

Hoe kon ’n engel die Duiwel word?

Die engel wat die Duiwel geword het, het gekies om God teë te staan en het die eerste mensepaar oorgehaal om dieselfde te doen. Sodoende het hy homself Satan gemaak, wat “Teenstander” beteken.—Lees Genesis 3:1-5; Openbaring 12:9.

Soos die res van God se intelligente skepsele, het die engel wat die Duiwel geword het, die vryheid gehad om te kies tussen reg en verkeerd, maar hy het ’n begeerte ontwikkel om aanbid te word. Sy begeerte na heerlikheid was sterker as sy begeerte om God te behaag.—Lees Matteus 4:8, 9; Jakobus 1:13, 14.

Die Duiwel beïnvloed mense tot vandag toe. Hoe doen hy dit? Moet jy hom vrees? Jy kan die antwoorde op hierdie vrae in die Bybel vind.