Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | WAT GOD VIR JOU GEDOEN HET

’n Geleentheid wat jy nie moet misloop nie

’n Geleentheid wat jy nie moet misloop nie

Op die aand voordat Jesus sy lewe afgelê het, het hy sy getroue volgelinge beveel om aan sy offerande te dink, of dit te herdenk. Hy het die ongesuurde brood en die rooiwyn wat voor hulle gestaan het, gebruik om ’n herdenking in te stel wat die Here se Aandmaal genoem word, en hy het hulle beveel: “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen.”​—Lukas 22:19.

Jehovah se Getuies kom elke jaar regoor die wêreld bymekaar om Jesus se dood te herdenk op die datum waarop hy gesterf het. In 2014 val die Gedenkmaal op Maandag 14 April, ná sononder.

Jy word hartlik uitgenooi om hierdie vergadering by te woon, waar nog inligting oor die betekenis van Jesus se offerdood bespreek sal word. Bywoning is heeltemal gratis. Geen kollektes sal ingesamel word nie. Die persoon wat jou hierdie tydskrif gegee het, kan vir jou sê waar en hoe laat die Gedenkmaal in jou omgewing gehou sal word, of jy kan gaan kyk op ons webwerf, jw.org. Maak gerus ’n aantekening van hierdie geleentheid, wat ons hoop jy nie sal misloop nie.